Esegiël
2 En hy het vir my gesê: “Mensekind,+ staan op jou voete sodat ek met jou kan praat.”+ 2 En gees het in my begin kom die oomblik toe hy met my praat,+ en dit het my uiteindelik op my voete laat staan sodat ek die Een kon hoor wat met my praat.+
3 En hy het vir my gesê: “Mensekind, ek stuur jou na die kinders van Israel toe,+ na opstandige nasies wat teen my in opstand gekom het.+ Hulle en hulle voorvaders het teen my oortree tot hierdie selfde dag toe.+ 4 En die kinders wat vermetel van aangesig+ en hard van hart+ is—ek stuur jou na hulle toe, en jy moet vir hulle sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê.’ 5 En wat hulle betref, of hulle sal hoor+ of dit sal nalaat+—want hulle is ’n opstandige huis+—hulle sal beslis ook weet dat daar ’n profeet in hulle midde was.+
6 “En jy, o mensekind, moenie vir hulle bang wees nie;+ en moenie vir hulle woorde bang wees nie, want daar is hardkoppiges+ en dinge wat jou steek,+ en onder skerpioene+ woon jy. Moenie vir hulle woorde bang wees nie,+ en moenie met verskrikking vervul word weens hulle aangesig nie,+ want hulle is ’n opstandige huis.+ 7 En jy moet my woorde tot hulle spreek, ongeag of hulle hoor of dit nalaat, want hulle is opstandig.+
8 “En jy, o mensekind, hoor wat ek vir jou sê. Moenie opstandig word soos die opstandige huis nie.+ Maak jou mond oop en eet wat ek jou gee.”+
9 En ek het toe gesien, en kyk! ’n hand is na my toe uitgesteek,+ en kyk! daarin was ’n boekrol.+ 10 En hy het dit geleidelik voor my uitgesprei, en daar was op die voorkant en op die agterkant daarvan geskryf;+ en daarin was klaagliedere en ’n gekerm en ’n geweeklaag geskryf.+