2 Korintiërs
9 Wat dan nou die bediening+ betref wat vir die heiliges is, is dit vir my oorbodig om aan julle te skryf, 2 want ek ken julle bereidwilligheid waaroor ek aangaande julle by die Masedoniërs roem, dat Agaʹje nou al ’n jaar gereed staan,+ en julle ywer het die meeste van hulle aangevuur. 3 Maar ek stuur die broers, sodat ons geroem oor julle nie in dié opsig leeg sal blyk nie, maar sodat julle werklik gereed kan wees,+ net soos ek altyd gesê het julle sal wees. 4 Anders, as daar Masedoniërs saam met my kom en hulle julle nie gereed vind nie, sal ons—om nie van julle te praat nie—op die een of ander wyse beskaamd gemaak word in hierdie versekerdheid van ons. 5 Daarom het ek dit nodig geag om die broers aan te moedig om vooruit te gaan na julle toe en julle milde gawe wat vantevore beloof is,+ vooraf in gereedheid te bring, sodat dit gereed kan wees as ’n milde gawe en nie as iets wat afgepers is nie.+
6 Maar wat dit betref, wie spaarsaam saai,+ sal ook spaarsaam maai; en wie oorvloedig saai,+ sal ook oorvloedig maai. 7 Laat elkeen doen net soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie teësinnig+ of onder dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.+
8 God is bowendien in staat om al sy onverdiende goedhartigheid oorvloedig teenoor julle te laat wees, sodat julle, terwyl julle altyd in alles van die nodige voorsien is, volop vir elke goeie werk kan hê.+ 9 (Net soos daar geskrywe staan: “Hy het wyd en syd uitgedeel, hy het vir die armes gegee, sy regverdigheid bly tot in ewigheid.”+ 10 En hy wat oorvloedig aan die saaier saad verskaf en brood om te eet,+ sal aan julle die saad verskaf om te saai en dit vermenigvuldig en sal die vrugte van julle regverdigheid laat toeneem.)+ 11 In alles word julle verryk vir elke soort vrygewigheid, wat deur ons ’n dankbetuiging aan God voortbring;+ 12 want die bediening van hierdie openbare diens is nie net om oorvloedig in die behoeftes van die heiliges te voorsien nie,+ maar ook om ryk te wees aan baie dankbetuigings aan God. 13 Deur die bewys wat hierdie bediening gee, verheerlik hulle God omdat julle onderdanig is aan die goeie nuus oor die Christus,+ soos julle in die openbaar bekend maak, en omdat julle vrygewig is in julle bydrae aan hulle en aan almal;+ 14 en met smeking vir julle verlang hulle na julle weens die allesoortreffende onverdiende goedhartigheid+ van God wat op julle rus.