Psalms
’n Lied. ’n Melodie van die seuns van Korag.+ Vir die musiekleier: In die styl van Mahalat,* vir beurtsang. Maskil* van Heman,+ die Esrahiet.
Skenk aandag aan* my hulpgeroep.+
4 Ek word reeds beskou as iemand wat na die graf afgaan.+
Ek het ’n hulpelose man* geword,+
5 wat tussen die dooies gelos is,
soos dié wat doodgemaak is en in ’n graf lê,
aan wie u nie meer dink nie
en wat van u sorg* afgesny is.
6 U het my in die diepste put gesit,
in donker plekke, in ’n diep afgrond.
8 U het dié wat my ken, ver van my af laat weggaan.+
U het my iets afskuweliks vir hulle gemaak.
Ek is vasgevang en kan nie ontsnap nie.
9 My oog het swak geword omdat ek swaarkry.+
Ek roep die hele dag lank tot u, o Jehovah.+
Ek strek my hande na u toe uit.
10 Sal u vir die dooies wonders doen?
Kan dié wat magteloos in die dood is, opstaan om u te loof?+ (Sela)
12 Sal u wonders in die duisternis bekend wees,
of u regverdigheid in die land waar alles vergeet is?+
13 Maar ek roep nog steeds tot u om hulp, o Jehovah.+
Elke oggend bereik my gebed u.+
14 Hoekom verwerp u my, o Jehovah?+
Hoekom draai u u gesig weg van my af?+
Ek is lamgeslaan as gevolg van die verskriklike dinge wat u my laat deurmaak.
17 Hulle omring my die hele dag lank soos water.
Hulle kom van alle kante* teen my.
18 U het my vriende en geliefdes ver van my af laat weggaan.+
Die duisternis het my geselskap geword.