13 “Wat jou betref, praat met die kinders van Israel en sê: ‘Veral my sabbatte moet julle hou,+ want dit is ’n teken tussen my en julle in julle geslagte sodat julle kan weet dat ek, Jehovah, julle heilig.+
15 En jy moet onthou dat jy ’n slaaf in Egipteland geword het+ en dat Jehovah jou God jou met ’n sterk hand en ’n uitgestrekte arm daarvandaan uitgelei het.+ Daarom het Jehovah jou God jou beveel om die sabbatdag te vier.+
22 En julle mag op die sabbatdag geen vrag uit julle huise bring nie; en julle mag hoegenaamd geen werk doen nie.+ En julle moet die sabbatdag heilig, net soos ek julle voorvaders beveel het;+
15 Die Here het hom egter geantwoord en gesê: “Huigelaars,+ maak elkeen van julle nie op die sabbat sy bul of sy esel uit die stal los en lei hom weg om hom te laat drink nie?+