Jeremia
17 “Die sonde van Juda is met ’n ysterstif opgeskryf.+ Met ’n diamantpunt is dit gegraveer op die tafel van hulle hart+ en op die horings van hulle altare,+ 2 wanneer hulle kinders dink aan hulle altare en hulle heilige pale langs ’n blaarryke boom, op die hoë heuwels,+ 3 op die berge in die veld. Jou rykdom, al jou skatte, sal ek as blote roofgoed gee+—jou hoogtes weens die sonde in al jou gebiede.+ 4 En jy het uit jou eie jou erfbesitting afgestaan wat ek jou gegee het.+ Ek sal jou ook jou vyande laat dien in die land wat jy nie geken het nie;+ want soos ’n vuur is julle aangesteek in my toorn.+ Tot onbepaalde tyd sal dit aan die brand bly.”
5 Só het Jehovah gesê: “Vervloek is die man wat op die mens vertrou+ en wat vlees sy arm maak+ en wie se hart van Jehovah afwyk.+ 6 En hy sal beslis soos ’n eensame boom in die woestynvlakte word en sal nie sien wanneer die goeie kom nie;+ maar hy sal in verskroeide plekke in die wildernis woon, in ’n onbewoonde soutland.+ 7 Geseënd is die man wat op Jehovah vertrou, en wie se vertroue Jehovah geword het.+ 8 En hy sal beslis word soos ’n boom wat by die water geplant is, wat sy wortels reg by die waterloop uitstoot; en hy sal nie sien wanneer daar hitte kom nie, maar sy blare sal welig wees.+ En in die jaar van droogte+ sal hy nie angstig raak nie, en ook sal hy nie ophou om vrugte voort te bring nie.
9 “Die hart is verraderliker as enigiets anders en is desperaat.+ Wie kan dit ken? 10 Ek, Jehovah, deursoek die hart,+ ondersoek die niere,+ ja, om aan elkeen te gee volgens sy weë,+ volgens die vrug van sy handelinge.+ 11 Soos die patrys wat bymekaargemaak het wat dit nie gelê het nie, is hy wat rykdom verwerf, maar nie met geregtigheid nie.+ In die helfte van sy dae sal hy dit verlaat,+ en in sy einde sal hy verstandeloos wees.”+
12 Daar is die glorieryke troon in die hoogte van die begin af;+ dit is die plek van ons heiligdom.+ 13 O Jehovah, die hoop van Israel,+ almal wat u verlaat, sal beskaamd gemaak word.+ Dié wat van my afvallig word,+ sal op die aarde opgeskryf word, want hulle het die bron van lewende water, Jehovah, verlaat.+ 14 Maak my gesond, o Jehovah, en ek sal gesond wees.+ Red my, en ek sal gered wees;+ want u is my lof.+
15 Kyk! Daar is dié wat vir my sê: “Waar is die woord van Jehovah?+ Laat dit asseblief kom.” 16 Maar wat my betref, ek het nie daarvan weggehardloop om ’n herder te wees wat u volg nie, en na die dag van wanhoop het ek nie gesmag nie. U het die uiting van my lippe geken; voor u aangesig was dit. 17 Moenie vir my iets skrikwekkends word nie.+ U is my toevlug in die dag van rampspoed.+ 18 Laat my vervolgers beskaamd gemaak word,+ maar laat ek nie beskaamd gemaak word nie.+ Laat hulle met verskrikking vervul word, maar laat ék nie met verskrikking vervul word nie. Bring die dag van rampspoed oor hulle,+ en verbreek hulle met ’n dubbele verbreking.+
19 Só het Jehovah vir my gesê: “Gaan, en jy moet in die poort van die kinders van die volk gaan staan waardeur die konings van Juda ingaan en waardeur hulle uitgaan, en in al die poorte van Jerusalem.+ 20 En jy moet vir hulle sê: ‘Hoor die woord van Jehovah, konings van Juda en die hele Juda en al die inwoners van Jerusalem, wat deur hierdie poorte ingaan.+ 21 Só het Jehovah gesê: “Let op julle siel,+ en moenie op die sabbatdag enige vrag dra wat julle deur die poorte van Jerusalem moet inbring nie.+ 22 En julle mag op die sabbatdag geen vrag uit julle huise bring nie; en julle mag hoegenaamd geen werk doen nie.+ En julle moet die sabbatdag heilig, net soos ek julle voorvaders beveel het;+ 23 maar hulle het nie geluister of gehoor gegee nie,+ en hulle het hulle nek verhard+ om nie te hoor nie en om geen dissipline te ontvang nie.”’+
24 “‘“En as julle my streng gehoorsaam”,+ is die woord van Jehovah, “om op die sabbatdag geen vrag deur die poorte van hierdie stad in te bring nie+ en om die sabbatdag te heilig deur geen werk daarop te doen nie,+ 25 dan sal daar beslis deur die poorte van hierdie stad konings met vorste inkom,+ wat op die troon van Dawid sit,+ wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle vorste, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem; en hierdie stad sal beslis tot onbepaalde tyd bewoon word. 26 En mense sal uit die stede van Juda en uit die omgewing van Jerusalem en uit die land van Benjamin+ en uit die laagland+ en uit die bergstreek+ en uit die Negeb+ kom en heelbrandoffers+ en offerandes+ en graanoffers+ en wierook+ bring; asook dankoffers na die huis van Jehovah.+
27 “‘“Maar as julle my nie gehoorsaam deur die sabbatdag te heilig en geen vrag te dra nie,+ maar mense op die sabbatdag daarmee deur die poorte van Jerusalem inkom, dan sal ek ’n vuur in sy poorte aansteek,+ en dit sal beslis die woontorings van Jerusalem+ verteer en nie uitgeblus word nie.”’”+