49 En die seuns van Saul was Joʹnatan+ en Jiswi en Malkisua,+ en wat die name van sy twee dogters betref, die naam van die een wat eerste gebore is, was Merab+ en die naam van die jongste Migal.+
11 Later het Saul boodskappers+ na Dawid se huis gestuur om dit dop te hou en om hom in die oggend te laat doodmaak;+ maar sy vrou Migal het Dawid vertel en gesê: “As jy jou siel nie vannag laat ontkom nie, sal jy môre dood wees.”
13 Hierop het hy gesê: “Goed! Ek sal ’n verbond met jou sluit. Net een ding vra ek van jou, naamlik: ‘Jy mag my aangesig nie sien nie+ tensy jy eers Migal,+ Saul se dogter, bring wanneer jy kom om my aangesig te sien.’”
16 En toe die ark van Jehovah in die Stad van Dawid inkom, het Migal,+ Saul se dogter, deur die venster afgekyk en gesien hoe koning Dawid voor Jehovah spring en ronddans; en sy het hom in haar hart+ begin verag.+
29 En toe die ark van die verbond+ van Jehovah by die Stad van Dawid kom, het Migal,+ Saul se dogter, deur die venster afgekyk en gesien hoe koning Dawid rondhuppel en die geleentheid vier;+ en sy het hom in haar hart begin verag.+