5 Toe het hy sy oë opgeslaan en die vroue en die kinders gesien en gesê: “Wie het jy daar by jou?” waarop hy gesê het: “Die kinders met wie God u kneg begunstig het.”+
4 En hy het vir my gesê: ‘Kyk, ek maak jou vrugbaar,+ en ek sal jou baie maak en ek sal jou ’n versameling van volke+ laat word en ek sal hierdie land aan jou saad ná jou gee as ’n besitting tot onbepaalde tyd.’+
21 Toe het Jehovah sy aandag op Hanna gerig,+ sodat sy swanger geword en aan drie seuns en twee dogters geboorte gegee het.+ En die seun Samuel het grootgeword by Jehovah.+
5 en uit al my seuns (want Jehovah het my baie seuns gegee)+ het hy toe my seun Salomo+ gekies om op die troon+ van die koningskap van Jehovah oor Israel te sit.