1 Samuel
2 En Hanna het gebid+ en gesê:
“My hart jubel in Jehovah,+
My horing is inderdaad verhef in Jehovah.+
My mond is wyd oop teen my vyande,
Want ek verbly my in u redding.+
2 Niemand is heilig soos Jehovah nie, want daar is niemand behalwe u nie;+
En daar is geen rots soos ons God nie.+
3 Julle moenie so dikwels alte hoogmoedig praat nie,
Laat niks onbeteueld uit julle mond uitgaan nie,+
Want Jehovah is ’n God van kennis,+
En deur hom word dade op juiste wyse getoets.+
4 Die sterk manne van die boog is met verskrikking vervul,+
Maar dié wat struikel, omgord hulle met lewenskragtigheid.+
5 Dié wat versadig was, moet hulle vir brood verhuur,+
Maar dié wat honger was, is nie meer honger nie.+
Selfs die onvrugbare het aan sewe geboorte gegee,+
Maar sy wat ryk aan seuns was, het weggekwyn.+
7 Jehovah maak arm,+ en Hy maak ryk,+
Hy verneder, ook verhef Hy,+
8 Hy rig ’n geringe op uit die stof;+
Uit die asput hef hy ’n arme op,+
Om hulle by edeles te laat sit; en hy gee aan hulle ’n troon van heerlikheid+ as ’n besitting.+
Want aan Jehovah behoort die aarde se stutte,+
En hy plaas die vrugbare land daarop.
9 Hy bewaar die voete van sy lojales;+
Wat die goddeloses betref, hulle word in duisternis tot swye gebring,+
Want ’n man kry nie deur krag die oorhand nie.+
10 Wat Jehovah betref, dié wat met hom twis, sal verskrik wees;+
Teen hulle sal hy in die hemel donder.+
Jehovah sal die eindes van die aarde oordeel,+
Dat hy aan sy koning sterkte kan gee,+
Dat hy die horing van sy gesalfde kan verhef.”+
11 Toe het Elʹkana na Rama, na sy huis, gegaan; en wat die seun betref, hy het Jehovah voor die priester Eli begin dien.+
12 En die seuns van Eli was deugniete;+ hulle het Jehovah nie erken nie.+ 13 Wat die reg betref wat die priesters toekom van die volk af,+ wanneer iemand ’n offerande gebring het, het ’n dienaar van die priester met die drietandvurk in sy hand gekom, wanneer die vleis net aan die kook was,+ 14 en daarmee gesteek in die kom of die kookpot met twee handvatsels of die kookketel of die kookpot met een handvatsel. Alles wat die vurk na bo gebring het, het die priester vir hom geneem. So het hulle in Silo gedoen met al die Israeliete wat daarheen gekom het.+ 15 En nog voordat hulle die vet kon laat rook,+ het ’n dienaar van die priester gekom en vir die man wat die offerande bring, gesê: “Gee tog vleis om vir die priester te braai sodat hy nie gekookte nie, maar rou vleis van jou sal ontvang.”+ 16 Wanneer die man vir hom gesê het: “Hulle moet beslis eers die vet laat rook.+ Neem dán vir jou wat jou siel ook al begeer”,+ het hy gesê: “Nee, maar jy moet dit nou gee; en so nie, sal ek dit met geweld moet neem!”+ 17 En die sonde van die dienaars was baie groot voor Jehovah;+ want die manne het die offer van Jehovah met minagting bejeën.+
18 En Samuel het as ’n seun voor Jehovah gedien,+ omgord met ’n linne-efod.+ 19 Ook het sy moeder vir hom ’n moulose oorkleedjie gemaak, en sy het dit van jaar tot jaar vir hom gebring wanneer sy saam met haar man opgekom het om die jaarlikse offerande te bring.+ 20 En Eli het Elʹkana en sy vrou geseën+ en gesê: “Mag Jehovah uit hierdie vrou vir jou ’n nakomeling beskik in die plek van wat geleen is, wat aan Jehovah geleen is.”+ En hulle het na hulle plek gegaan. 21 Toe het Jehovah sy aandag op Hanna gerig,+ sodat sy swanger geword en aan drie seuns en twee dogters geboorte gegee het.+ En die seun Samuel het grootgeword by Jehovah.+
22 En Eli was baie oud, en hy het gehoor+ van alles wat sy seuns aan die hele Israel bly doen het+ en hoe hulle by die vroue gaan lê+ het wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.+ 23 En hy het dan vir hulle gesê:+ “Waarom hou julle aan om hierdie dinge te doen?+ Want die dinge wat ek van die hele volk omtrent julle hoor, is sleg.+ 24 Nee,+ my seuns, want die berig wat ek hoor, wat die volk van Jehovah laat rondgaan, is nie goed nie.+ 25 As ’n mens teen ’n mens sondig,+ sal God vir hom as skeidsregter optree;+ maar as ’n mens teen Jehovah sondig,+ wie is daar dan om vir hom te bid?”+ Maar hulle het nie na die stem van hulle vader geluister nie,+ want dit het Jehovah toe behaag om hulle dood te maak.+ 26 Die hele tyd het die seun Samuel groter en meer geliefd geword vanuit Jehovah se standpunt sowel as vanuit dié van mense.+
27 En ’n man van God+ het na Eli toe gekom en vir hom gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Het ek my nie inderdaad aan die huis van jou voorvader geopenbaar terwyl hulle in Egipte slawe van die huis van Farao was nie?+ 28 En hy is uit al die stamme van Israel vir my uitgekies,+ om as priester te dien en op my altaar te klim+ om offerrook te laat opgaan, om ’n efod voor my te dra, sodat ek aan die huis van jou voorvader al die vuuroffers van die kinders van Israel kon gee.+ 29 Waarom bly julle skop na my offerande+ en na my offergawe wat ek in my woonplek beveel het+ en bly jy jou seuns meer as my eer deur julle vet te voer+ met die beste van elke offergawe van my volk Israel?+
30 “‘Daarom is die woord van Jehovah, die God van Israel: “Ek het inderdaad gesê: Wat jou huis en die huis van jou voorvader betref, hulle sal tot onbepaalde tyd voor my wandel.”+ Maar nou is die woord van Jehovah: “Dit is vir my ondenkbaar, want dié wat my eer,+ sal ek eer,+ en dié wat my verag, sal onbeduidend wees.”+ 31 Kyk! Daar kom dae dat ek beslis jou arm en die arm van die huis van jou voorvader sal afkap, sodat daar nie ’n ou man in jou huis sal wees nie.+ 32 En jy sal ’n teenstander in my woonplek aanskou te midde van al die goeie wat aan Israel gedoen word;+ en nooit sal daar ’n ou man in jou huis wees nie. 33 En tog is daar van jou ’n man wat ek nie van my altaar af sal uitroei nie, ten einde jou oë te laat ingee en jou siel te laat wegkwyn; maar die meeste van jou huis sal almal deur die swaard van mense sterf.+ 34 En dít is vir jou die teken wat oor jou twee seuns, Hofni en Piʹnehas,+ sal kom: Op een dag sal hulle al twee sterf.+ 35 En ek sal beslis vir my ’n getroue priester verwek.+ Hy sal handel in ooreenstemming met wat in my hart en in my siel is; en ek sal beslis vir hom ’n bestendige huis bou, en hy sal beslis altyd voor my gesalfde+ wandel. 36 En almal wat in jou huis oorbly,+ sal hulle voor hom kom neerbuig vir die betaling van geld en ’n ronde brood en sal beslis sê: “Verbind my asseblief aan een van die priesterampte sodat ek ’n stukkie brood kan eet.”’”+