11 En ek, ja ek, het my gewend tot al my werke wat my hande verrig het en tot die harde werk waaraan ek hard gewerk het om dit tot stand te bring,+ en kyk! alles was nietigheid en ’n gejaag na wind,+ en daar was niks voordeligs onder die son nie.+
2 Waarom bly julle geld betaal vir wat nie brood is nie, en waarom swoeg julle vir iets wat nie versadig nie?+ Luister aandagtig na my en eet wat goed is,+ en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.+
27 Moenie werk vir die voedsel wat vergaan nie,+ maar vir die voedsel wat vir die ewige lewe bly,+ wat die Seun van die mens julle sal gee; want op hom het die Vader, ja, God, sy seël van goedkeuring gedruk.”+