11 En in dié dag sal Jehovah weer sy hand uitsteek, ’n tweede keer,+ om die oorblyfsel van sy volk te verkry wat sal oorbly uit Assiʹrië+ en uit Egipte+ en uit Patros+ en uit Kus+ en uit Elam+ en uit Siʹnear+ en uit Hamat en uit die eilande van die see.+
3 “En ek sal die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,+ en ek sal hulle terugbring na hulle weiveld,+ en hulle sal beslis vrugbaar wees en baie word.+
37 ‘Kyk, ek maak hulle bymekaar uit al die lande waarheen ek hulle in my toorn en in my woede en in groot verontwaardiging verstrooi het;+ en ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle in veiligheid laat woon.+
27 Wanneer ek hulle uit die volke terugbring en hulle uit die lande van hulle vyande bymekaarmaak,+ sal ek my ook onder hulle heilig voor die oë van baie nasies.’+
14 En ek sal die gevangenes van my volk Israel laat terugkeer,+ en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon,+ en wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.’+