Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Genesis 13:14, 15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Nadat Lot weggegaan het, het Jehovah vir Abram gesê: “Kyk asseblief na die land om jou, na die noorde en die suide, na die ooste en die weste, 15 want die hele land wat jy sien, sal ek aan jou en jou nageslag* gee as ’n permanente besitting.+

  • Genesis 26:3, 4
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 Woon as ’n vreemdeling in hierdie land,+ en ek sal met jou wees en jou seën, want aan jou en aan jou nageslag* sal ek al hierdie lande gee,+ en ek sal die eed nakom wat ek vir jou pa, Abraham, gesweer het:+ 4 ‘Ek sal jou nageslag* vermeerder soos die sterre van die hemel,+ en ek sal aan jou nageslag* al hierdie lande gee,+ en deur middel van jou nageslag* sal al die nasies van die aarde beslis ’n seën vir hulleself verkry,’+

  • Deuteronomium 34:4
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 4 Jehovah het toe vir hom gesê: “Dít is die land wat ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed belowe het deur te sê: ‘Aan jou nakomelinge* sal ek dit gee.’+ Ek het jou dit met jou eie oë laat sien, maar jy sal nie daarheen oortrek nie.”+

  • Handelinge 7:4, 5
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 4 Toe het hy uit die land van die Galdeërs weggetrek en in Haran gaan woon. Nadat sy pa gesterf het,+ het God hom daarvandaan laat trek, en hy het kom woon in hierdie land waarin julle nou woon.+ 5 En tog het God hom nie ’n erfdeel daarin gegee nie, nee, nie eers ’n klein stukkie grond* nie, maar hy het belowe om dit as ’n besitting aan hom en sy nageslag* te gee,+ al het hy nog nie kinders gehad nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel