Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 7:5
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 5 En die Egiptenare sal beslis weet dat ek Jehovah is+ wanneer ek my hand teen Egipte uitstrek en die Israeliete onder hulle uitlei.”

  • Eksodus 7:17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 Dít is wat Jehovah sê: “Hierdeur sal jy weet dat ek Jehovah is.+ Kyk, ek slaan die water in die Nylrivier met die staf wat in my hand is, en dit sal in bloed verander.

  • Eksodus 8:9, 10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 Toe het Moses vir Farao gesê: “Sê u vir my wanneer ek moet smeek dat die paddas van u, u knegte, u volk en u huise verwyder moet word. Net in die Nylrivier sal daar paddas oorbly.” 10 En Farao het gesê: “Môre.” Toe het Moses gesê: “Dit sal gebeur soos u gesê het, sodat u kan weet dat daar niemand soos Jehovah ons God is nie.+

  • Eksodus 8:22
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 22 Op daardie dag sal ek beslis die land Gosen, waar my volk woon, afgeskeie hou. Geen steekvlieë sal daar wees nie,+ en hierdeur sal jy weet dat ek, Jehovah, hier in die land is.+

  • Eksodus 14:4
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 4 Ek sal toelaat dat Farao hardkoppig word,*+ en hy sal hulle agternasit, en ek sal my deur middel van Farao en sy hele leërmag verheerlik,+ en die Egiptenare sal beslis weet dat ek Jehovah is.”+ Dit is wat hulle toe gedoen het.

  • Deuteronomium 10:14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Kyk, aan Jehovah julle God behoort die hemel, selfs die hoogste hemele, en die aarde en alles wat daarin is.+

  • Psalm 24:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 Aan Jehovah behoort die aarde en alles daarop,+

      die vrugbare land en dié wat daarop woon.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel