14 Toe het Jehovah so woedend geword vir Israel dat hy hulle in die hand gegee het van hulle vyande wat hulle geplunder het.+ Hy het hulle oorgelewer aan* hulle vyande rondom hulle,+ en hulle kon hulleself nie meer teen hulle vyande verdedig nie.+
10 Toe het die Filistyne geveg, en Israel is verslaan,+ en elkeen het na sy tent gevlug. Die slagting was baie groot – 30 000 voetsoldate van Israel het geval.