Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Kronieke 21:18-23
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 Jehovah se engel het toe vir Gad+ gesê om vir Dawid te sê dat hy na die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, moet gaan en daar vir Jehovah ’n altaar moet oprig.+ 19 Dawid het soontoe gegaan, net soos Jehovah vir hom deur middel van Gad gesê het. 20 Intussen het Ornan omgedraai en die engel gesien. En sy vier seuns wat by hom was, het weggekruip. Ornan was besig om koring te dors. 21 Toe Ornan Dawid sien aankom, het hy dadelik van die dorsvloer af uitgegaan en voor Dawid neergebuig met sy gesig na die grond toe. 22 Dawid het vir Ornan gesê: “Verkoop* die stuk grond aan my waarop die dorsvloer is, sodat ek vir Jehovah ’n altaar daarop kan bou. Verkoop dit aan my vir die volle waarde daarvan, sodat die plaag onder die mense kan ophou.”+ 23 Maar Ornan het vir Dawid gesê: “Neem dit vir u, en doen wat u goeddink, my heer die koning. Hier is die beeste vir brandoffers, die dorsslee+ wat as hout gebruik kan word en koring vir ’n graanoffer. Ek gee dit alles.”

  • 2 Kronieke 3:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 Salomo het toe die huis van Jehovah begin bou+ in Jerusalem op die berg Moriʹa,+ waar Jehovah aan sy pa, Dawid, verskyn het.+ Dit was die plek wat Dawid gereedgemaak het op die dorsvloer van Ornan,+ die Jebusiet.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel