-
2 Kronieke 6:18-21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 “Maar sal God werklik by mense op die aarde woon?+ Die hemel, selfs die hoogste hemele, kan u nie bevat nie.+ Wat nog te sê hierdie huis wat ek gebou het!+ 19 Skenk asseblief aandag aan die gebed van u kneg en aan my versoek om goedkeuring, o Jehovah my God, en luister na die geroep om hulp en na die gebed wat u kneg tot u rig. 20 Hou asseblief dag en nag ’n wakende oog oor hierdie huis. U het gesê dat u u naam hier sal vestig.+ En luister na die gebed wat u kneg in die rigting van hierdie plek bid. 21 En luister na u kneg se smekinge om hulp en na die smekinge van u volk Israel wanneer hulle in die rigting van hierdie plek bid,+ en mag u vanuit u woonplek in die hemel hoor.+ Mag u hoor en vergewe.+
-