-
2 Konings 16:2, 3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Agas was 20 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 16 jaar lank in Jerusalem regeer. Hy het nie gedoen wat reg is in die oë van Jehovah sy God soos sy voorvader Dawid nie.+ 3 Hy het eerder die weg van die konings van Israel gevolg,+ en hy het selfs sy eie seun as ’n offerande in die vuur verbrand*+ omdat hy die afskuwelike gebruike gevolg het van die nasies+ wat Jehovah voor die Israeliete uit verdryf het.
-
-
Jeremia 32:35Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 Verder het hulle die offerhoogtes van Baäl in die Vallei van die Seun van Hinnom*+ gebou om hulle seuns en hulle dogters vir Molog+ as offerandes in die vuur te verbrand,* iets wat ek hulle nie beveel het nie.+ Dit het nooit in my hart opgekom* om hulle so ’n afskuwelike ding te laat doen wat Juda sou laat sondig nie.’
-