-
Esegiël 17:12-15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 “Vra asseblief vir die opstandige huis: ‘Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie?’ Sê: ‘Kyk! Die koning van Babilon het na Jerusalem gekom en sy koning en sy leiers geneem en hulle saam met hom na Babilon toe geneem.+ 13 Verder het hy iemand van die koninklike nageslag*+ geneem en ’n verbond met hom gemaak en hom onder ’n eed geplaas.+ Toe het hy die belangrike manne van die land weggeneem,+ 14 sodat die koninkryk verlaag sou word en nie in staat sou wees om homself te verhoog nie en dat dit net sou aanhou bestaan deur by sy verbond te bly.+ 15 Maar die koning het uiteindelik teen hom in opstand gekom+ deur sy boodskappers na Egipte te stuur om perde+ en ’n groot leërmag by hulle te kry.+ Sal hy suksesvol wees? Sal die een wat hierdie dinge doen, straf vryspring? Kan hy die verbond verbreek en nog steeds wegkom?’+
-