-
Jeremia 22:24, 25Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 “‘So waar as wat ek lewe,’ sê Jehovah, ‘al was Gonja,*+ die seun van Jojaʹkim,+ die koning van Juda, die seëlring aan my regterhand, sou ek jou daarvan afruk! 25 Ek sal jou in die hand gee van dié wat jou wil doodmaak, in die hand van dié vir wie jy bang is, in die hand van koning Nebukadneʹsar* van Babilon en in die hand van die Galdeërs.+
-
-
Jeremia 52:31, 32Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
31 Toe, in die 37ste jaar van die ballingskap van koning Jojaʹgin+ van Juda, in die 12de maand, op die 25ste dag van die maand, in die jaar toe koning Eʹwil-Meroʹdag van Babilon koning geword het, het hy koning Jojaʹgin van Juda vrygelaat* en hom uit die tronk uitgebring.+ 32 Hy het hom goed behandel en hom meer geëer as die ander konings* wat saam met hom in Babilon was.
-