-
2 Konings 22:18, 19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Maar gaan na die koning van Juda wat julle gestuur het om Jehovah te raadpleeg, en sê vir hom: “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Jy het die woorde van die Wet gehoor, 19 en jy het goed gereageer* en jy het nederig berou getoon+ voor Jehovah toe jy gehoor het wat ek teen hierdie plek en sy inwoners gesê het – dat dit iets skokkends en ’n vloek sal word. Jy het jou klere geskeur+ en voor my gehuil, en daarom het ek jou gehoor, sê Jehovah.
-
-
Lukas 15:22-24Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 Maar die pa het vir sy slawe gesê: ‘Maak gou! Bring ’n kleed, die beste kleed, en trek dit vir hom aan, en sit ’n ring aan sy hand en sandale aan sy voete. 23 En bring die vetgemaakte kalf, slag dit en laat ons eet en feesvier, 24 want my seun was dood en het weer lewend geword.+ Hy was verlore en is gevind.’ Toe het hulle vrolik feesgevier.
-
-
Lukas 18:13, 14Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Maar die belastinggaarder, wat op ’n afstand gestaan het, wou nie eers na die hemel opkyk nie. Hy het op sy bors bly slaan en gesê: ‘O God, ek is ’n sondaar.+ Betoon genade aan my.’ 14 Ek sê vir julle: Hierdie man het na sy huis gegaan en was regverdiger as daardie Fariseër.+ Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, maar elkeen wat nederig is, sal verhoog word.”+
-