Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Samuel 2:22-25
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 22 Eli was al baie oud, maar hy het gehoor van alles wat sy seuns aan die hele Israel gedoen het+ en hoe hulle seksuele omgang gehad het met die vrouens wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.+ 23 Hy het dikwels vir hulle gesê: “Hoekom hou julle aan om hierdie dinge te doen? Want al die mense sê slegte dinge van julle. 24 Nee, my seuns, die berigte wat onder Jehovah se volk rondgaan, is nie goed nie. 25 As ’n mens teen ’n ander mens sondig, kan iemand vir hom by Jehovah pleit,* maar as ’n mens teen Jehovah sondig,+ wie kan dan vir hom bid?” Hulle het egter geweier om na hulle pa te luister, want Jehovah het besluit om hulle dood te maak.+

  • 1 Samuel 8:1-3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 8 Toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns as rigters in Israel aangestel. 2 Die naam van sy eersgebore seun was Joël, en die naam van sy tweede was Abiʹa.+ Hulle was rigters in Berseʹba. 3 Maar sy seuns het nie sy voorbeeld gevolg nie. Hulle was geneig om oneerlike wins na te jaag,+ en hulle het omkoopgeskenke aanvaar+ en die reg verdraai.+

  • 2 Samuel 15:14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Dawid het dadelik vir al sy knegte wat by hom in Jerusalem was, gesê: “Staan op, en laat ons vlug,+ want nie een van ons sal van Absalom ontsnap nie! Maak gou, sodat hy ons nie inhaal en rampspoed oor ons bring en die inwoners van die stad met die swaard doodmaak nie!”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel