Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jesaja 2:3, 4
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  3 En baie volke sal gaan en sê:

      “Kom, laat ons opgaan na die berg van Jehovah,

      na die huis van die God van Jakob.+

      Hy sal ons sy weë leer,

      en ons sal dit volg.”+

      Want die wet* sal uit Sion kom,

      en die woord van Jehovah uit Jerusalem.+

       4 Hy sal oordeel tussen die nasies

      en sake regstel in verband met baie volke.

      Hulle sal ploegskare maak van hulle swaarde,

      en snoeimesse van hulle spiese.+

      Nasie sal nie teen nasie die swaard opneem nie,

      en hulle sal ook nie meer leer om oorlog te voer nie.+

  • Jesaja 11:6-9
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  6 Die wolf sal ’n ruk by die lam wees,+

      en die luiperd sal by die boklam gaan lê,

      en die kalf en die leeu* en die vetgevoerde dier sal almal saam wees,*+

      en ’n seuntjie sal hulle lei.

       7 Die koei en die beer sal saam wei,

      en hulle kleintjies sal bymekaar lê.

      Die leeu sal strooi eet soos die bul.+

       8 ’n Baba* sal by die lêplek van ’n kobra speel.

      En ’n kind* sal sy hand op die nes van ’n giftige slang sit.

       9 Hulle sal niks slegs doen+

      of enige skade aanrig op my hele heilige berg nie,+

      want die aarde sal beslis vol wees van die kennis van Jehovah

      soos die waters die seebodem bedek.+

  • Miga 4:2
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  2 En baie nasies sal gaan en sê:

      “Kom, laat ons opgaan na die berg van Jehovah

      en na die huis van die God van Jakob.+

      Hy sal ons sy weë leer,

      en ons sal dit volg.”

      Want die wet* sal uit Sion kom,

      en die woord van Jehovah uit Jerusalem.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel