Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 15:11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 11 Wie onder die gode is soos u, o Jehovah?+

      Wie is soos u, magtig in heiligheid?+

      Die Een wat met lofliedere gevrees moet word, die Een wat wonders doen.+

  • 2 Konings 19:22-24
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 22 Wie het jy uitgetart en belaster?+

      Teen wie het jy jou stem verhef+

      en jou trotse oë opgeslaan?

      Dit is teen die Heilige van Israel!+

      23 Deur middel van jou boodskappers+ het jy Jehovah uitgetart+ en gesê:

      ‘Met my baie strydwaens

      sal ek teen hoë berge opry,

      teen die mees afgeleë dele van die Liʹbanon-berge.

      Ek sal sy hoë sederbome afkap, sy beste jenewerbome.

      Ek sal sy verste skuilplekke, sy digste woude, binnedring.

      24 Ek sal putte grawe en vreemde water drink.

      Ek sal al die strome* van Egipte met my voetsole opdroog.’

  • Jesaja 10:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 In daardie dag sal die oorblywendes van Israel

      en die oorlewendes van die huis van Jakob,

      nie meer staatmaak op die een wat hulle geslaan het nie,+

      maar hulle sal met getrouheid op Jehovah,

      die Heilige van Israel, vertrou.

  • Esegiël 39:7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 7 Ek sal my heilige naam onder my volk Israel bekend maak, en ek sal nie meer toelaat dat my heilige naam ontheilig word nie, en die nasies sal moet weet dat ek Jehovah is,+ die Heilige in Israel.’+

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel