53 Die beleëring en die rampspoed wat julle vyand oor julle sal bring, sal so erg wees dat julle julle eie kinders* sal moet eet, die vlees van julle seuns en julle dogters+ wat Jehovah julle God aan julle gegee het.
9 Ek sal hulle die vlees van hulle seuns en hulle dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy medemens eet as gevolg van die beleëring en hulle desperaatheid wanneer hulle vasgekeer is deur hulle vyande en dié wat hulle wil doodmaak.”’+
10 “‘“Daarom sal pa’s hulle kinders in die stad eet,+ en kinders sal hulle pa’s eet, en ek sal die mense in die stad oordeel en straf en die res van hulle in alle rigtings* verstrooi.”’+