Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jeremia 19
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Jeremia

      • Jeremia beveel om kleifles te breek (1-15)

        • Kinderoffers aan Baäl (5)

Jeremia 19:1

Kruisverwysings

  • +Jer 18:2

Jeremia 19:2

Kruisverwysings

  • +Jos 15:8, 12; 2Kr 28:1, 3; Jer 7:31

Jeremia 19:3

Voetnote

  • *

    Lett. “se ore sal tuit”.

Jeremia 19:4

Kruisverwysings

  • +2Kn 22:16, 17; Jes 65:11
  • +2Kr 33:1, 4
  • +2Kn 21:16; Jes 59:7; Jer 2:34; Klg 4:13; Mt 23:34, 35

Jeremia 19:5

Voetnote

  • *

    Of “waaraan ek nooit eers gedink het nie”.

Kruisverwysings

  • +2Kr 28:1, 3; 33:1, 6; Jes 57:5
  • +Le 18:21; Jer 7:31; 32:35

Jeremia 19:6

Kruisverwysings

  • +Jer 7:32

Jeremia 19:7

Kruisverwysings

  • +De 28:25, 26; Ps 79:2; Jer 7:33; 16:4

Jeremia 19:8

Kruisverwysings

  • +1Kn 9:8; Jer 18:16; Klg 2:15

Jeremia 19:9

Kruisverwysings

  • +Le 26:29; De 28:53; Klg 2:20; 4:10; Ese 5:10

Indekse

  • Navorsingsgids

    Jeremia, bl. 154-155

Jeremia 19:11

Kruisverwysings

  • +Jer 7:32

Jeremia 19:13

Kruisverwysings

  • +Ps 79:1
  • +Jer 8:1, 2; Sef 1:4, 5
  • +Jer 7:18; 32:29

Jeremia 19:15

Voetnote

  • *

    Lett. “hulle nek verhard het”.

Kruisverwysings

  • +Ne 9:17, 29; Sag 7:12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Jeremia, bl. 159

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Jer. 19:1Jer 18:2
Jer. 19:2Jos 15:8, 12; 2Kr 28:1, 3; Jer 7:31
Jer. 19:42Kn 22:16, 17; Jes 65:11
Jer. 19:42Kr 33:1, 4
Jer. 19:42Kn 21:16; Jes 59:7; Jer 2:34; Klg 4:13; Mt 23:34, 35
Jer. 19:52Kr 28:1, 3; 33:1, 6; Jes 57:5
Jer. 19:5Le 18:21; Jer 7:31; 32:35
Jer. 19:6Jer 7:32
Jer. 19:7De 28:25, 26; Ps 79:2; Jer 7:33; 16:4
Jer. 19:81Kn 9:8; Jer 18:16; Klg 2:15
Jer. 19:9Le 26:29; De 28:53; Klg 2:20; 4:10; Ese 5:10
Jer. 19:11Jer 7:32
Jer. 19:13Ps 79:1
Jer. 19:13Jer 8:1, 2; Sef 1:4, 5
Jer. 19:13Jer 7:18; 32:29
Jer. 19:15Ne 9:17, 29; Sag 7:12
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Jeremia 19:1-15

Jeremia

19 Dít is wat Jehovah gesê het: “Gaan koop ’n kleifles by ’n pottebakker.+ Neem van die ouermanne van die volk en van die ouermanne van die priesters saam, 2 en gaan uit na die Vallei van die Seun van Hinnom,+ by die ingang van die Potskerwepoort. En verkondig daar die woorde wat ek vir jou sê. 3 Jy moet sê: ‘Hoor die woord van Jehovah, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem. Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê:

“‘“Ek staan op die punt om rampspoed oor hierdie plek te bring, en enigiemand wat hiervan hoor, sal sy ore nie kan glo nie.* 4 Dit is omdat hulle my verlaat het+ en hierdie plek onherkenbaar gemaak het.+ Hier bring hulle offerandes aan ander gode, wat hulle en hulle voorvaders en die konings van Juda nie geken het nie, en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van die onskuldiges.+ 5 Hulle het die offerhoogtes van Baäl gebou om hulle seuns in die vuur te verbrand as heelbrandoffers aan Baäl,+ iets wat ek nie beveel het of van gepraat het nie en wat nooit eers in my hart opgekom het nie.”’*+

6 “‘“Daarom kom die dae,” sê Jehovah, “wanneer hierdie plek nie meer Tofet of die Vallei van die Seun van Hinnom genoem sal word nie, maar die Moordvallei.+ 7 Ek sal die planne van Juda en Jerusalem in hierdie plek laat misluk, en ek sal hulle deur die swaard voor hulle vyande laat val en deur die hand van dié wat hulle wil doodmaak. En ek sal hulle lyke gee as kos vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde.+ 8 Ek sal hierdie stad iets skokkends maak en iets om oor te fluit. Elkeen wat daar verbygaan, sal geskok staar en oor al sy plae fluit.+ 9 Ek sal hulle die vlees van hulle seuns en hulle dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy medemens eet as gevolg van die beleëring en hulle desperaatheid wanneer hulle vasgekeer is deur hulle vyande en dié wat hulle wil doodmaak.”’+

10 “Breek dan die fles voor die oë van die manne wat saam met jou gaan 11 en sê vir hulle: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: “Dít is hoe ek hierdie volk en hierdie stad sal breek, soos iemand wat ’n pottebakker se houer breek sodat dit nooit weer heelgemaak kan word nie, en hulle sal die dooies in Tofet begrawe totdat daar nie meer plek is om hulle te begrawe nie.”’+

12 “‘Dít is wat ek aan hierdie plek sal doen,’ sê Jehovah, ‘en aan die inwoners daarvan, om hierdie stad soos Tofet te maak. 13 En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal onrein word soos hierdie plek, Tofet,+ ja, al die huise waar hulle op die dakke offerandes vir die hele leërmag van die hemel gebring het+ en drankoffers vir ander gode uitgegooi het.’”+

14 Toe Jeremia van Tofet teruggekeer het, waarheen Jehovah hom gestuur het om te profeteer, het hy in die voorhof van die huis van Jehovah gestaan en vir die hele volk gesê: 15 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Ek bring oor hierdie stad en oor al sy dorpe al die rampspoed wat ek daarteen gespreek het, omdat hulle hardkoppig geweier het* om my woorde te gehoorsaam.’”+

Afrikaanse publikasies (1975-2023)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel