-
Eksodus 13:17, 18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 Toe Farao die volk weggestuur het, het God hulle nie deur die land van die Filistyne gelei nie, al was dit ’n korter pad. Want God het gesê: “Die volk sal dalk van gedagte verander as hulle sien dat hulle oorlog moet voer, en dan sal hulle na Egipte terugkeer.” 18 God het die volk dus met ’n ompad laat gaan, op die weg deur die wildernis by die Rooisee.+ Die Israeliete het nietemin ordelik, soos groepe soldate, uit Egipte vertrek.
-
-
Eksodus 15:22Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 Later het Moses Israel weg van die Rooisee gelei, en hulle het na die wildernis van Sur gegaan en drie dae lank in die wildernis geloop, maar hulle het geen water gevind nie.
-