12 Koning Jojaʹgin van Juda en sy ma, sy knegte, sy hoë amptenare en sy hofbeamptes+ het hulle oorgegee aan die koning van Babilon.+ In die agtste regeringsjaar van die koning van Babilon het hy Jojaʹgin gevange geneem.+
14 Hy het die hele Jerusalem, al die amptenare,+ al die dapper vegters en al die ambagsmanne en metaalwerkers*+ in ballingskap weggeneem – hy het 10 000 in ballingskap weggeneem. Net die armste mense van die land is agtergelaat.+