Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jesaja 11:11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 11 In daardie dag sal Jehovah weer sy hand uitsteek, ’n tweede keer, om die oorblyfsel van sy volk terug te bring uit Assiʹrië,+ Egipte,+ Patros,+ Kus,+ Elam,+ Siʹnear,* Hamat en die eilande van die see.+

  • Jeremia 23:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 “Dan sal ek die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,+ en ek sal hulle terugbring na hulle weiveld,+ en hulle sal vrugbaar wees en baie word.+

  • Jeremia 31:7, 8
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  7 Want dít is wat Jehovah sê:

      “Roep uit na Jakob met blydskap.

      Roep uit van vreugde, want jy is oor die nasies.+

      Verkondig dit. Bring lof en sê:

      ‘O Jehovah, red u volk, die oorblyfsel van Israel.’+

       8 Ek bring hulle terug uit die land van die noorde.+

      Ek sal hulle bymekaarmaak uit die mees afgeleë dele van die aarde.+

      Die blindes en die kreupeles sal onder hulle wees,+

      die swanger vrou en die een wat geboorte gee, almal saam.

      As ’n groot gemeente sal hulle hierheen terugkeer.+

  • Miga 4:6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  6 “In daardie dag,” sê Jehovah,

      “sal ek die een versamel wat mank was

      en die een bymekaarmaak wat verstrooi is,+

      saam met dié wat ek laat swaarkry het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel