-
Josua 23:6, 7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 “Nou moet julle baie moedig wees en alles wat in die Wetboek+ van Moses geskryf is, gehoorsaam en uitvoer. Moet nooit regs of links daarvan afwyk nie.+ 7 Moet nooit meng met hierdie nasies+ wat nog oorbly nie. Julle mag nie eers die name van hulle gode noem+ of by hulle sweer nie, en julle mag hulle nie dien of voor hulle neerbuig nie.+
-
-
1 Konings 11:33Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
33 Ek sal dit doen omdat hulle my verlaat het+ en omdat hulle neerbuig voor Astoʹret, die godin van die Sidoniërs, voor Kamos, die god van Moab, en voor Milkom, die god van die Ammoniete, en omdat hulle nie my weë gevolg het deur te doen wat reg is in my oë en deur my wetsbepalings en my oordele te gehoorsaam soos Salomo se pa, Dawid, nie.
-