-
Markus 14:43-47Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
43 En onmiddellik, terwyl hy nog gepraat het, het Judas, een van die Twaalf, daar aangekom. Daar was ’n skare by hom wat swaarde en knuppels by hulle gehad het en wat deur die hoofpriesters en die skrifgeleerdes en die ouermanne gestuur is.+ 44 Sy verraaier het met hulle afgespreek om vir hulle ’n teken te gee. Hy het gesê: “Die een wat ek soen, dit is hy. Neem hom in hegtenis en lei hom weg en maak seker dat hy nie wegkom nie.” 45 Hy het reguit na Jesus toe gekom en gesê: “Rabbi!” en hom gesoen. 46 Toe het hulle hom gegryp en hom in hegtenis geneem. 47 Maar een van die mans wat daar gestaan het, het sy swaard uitgetrek en dit na die slaaf van die hoëpriester geswaai en sy oor afgekap.+
-
-
Lukas 22:47-51Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
47 Terwyl hy nog gepraat het, het ’n skare daar aangekom. Die man met die naam Judas, een van die Twaalf, het voor hulle geloop, en hy het na Jesus toe gekom om hom te soen.+ 48 Maar Jesus het vir hom gevra: “Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n soen?” 49 Toe die mense om hom sien wat gaan gebeur, het hulle gevra: “Here, moet ons hulle met die swaard aanval?” 50 Een van hulle het selfs sy swaard na die slaaf van die hoëpriester geswaai en sy regteroor afgekap.+ 51 Maar Jesus het gesê: “Dit is genoeg.” En hy het aan die man se oor geraak en hom gesond gemaak.
-