-
Matteus 26:47-51Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
47 Terwyl hy nog gepraat het, het Judas, een van die Twaalf, daar aangekom. Daar was ’n groot skare by hom wat swaarde en knuppels by hulle gehad het en wat deur die hoofpriesters en die ouermanne van die volk gestuur is.+
48 Sy verraaier het met hulle afgespreek om vir hulle ’n teken te gee. Hy het gesê: “Die een wat ek soen, dit is hy. Neem hom in hegtenis.” 49 En hy het reguit na Jesus toe gegaan en gesê: “Goeiedag, Rabbi!” en hy het hom gesoen. 50 Maar Jesus het vir hom gevra: “Vriend, hoekom is jy hier?”+ Toe het hulle nader gekom en Jesus gegryp en hom in hegtenis geneem. 51 Maar een van die mans wat saam met Jesus was, het sy swaard uitgetrek en dit na die slaaf van die hoëpriester geswaai en sy oor afgekap.+
-
-
Lukas 22:47-51Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
47 Terwyl hy nog gepraat het, het ’n skare daar aangekom. Die man met die naam Judas, een van die Twaalf, het voor hulle geloop, en hy het na Jesus toe gekom om hom te soen.+ 48 Maar Jesus het vir hom gevra: “Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n soen?” 49 Toe die mense om hom sien wat gaan gebeur, het hulle gevra: “Here, moet ons hulle met die swaard aanval?” 50 Een van hulle het selfs sy swaard na die slaaf van die hoëpriester geswaai en sy regteroor afgekap.+ 51 Maar Jesus het gesê: “Dit is genoeg.” En hy het aan die man se oor geraak en hom gesond gemaak.
-