-
Matteus 12:24-29Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Toe die Fariseërs dit hoor, het hulle gesê: “Hierdie man dryf die demone uit slegs deur Beëlʹsebub,* die heerser van die demone.”+ 25 Omdat hy geweet het wat hulle dink, het hy vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat verdeeld is, word verwoes, en elke stad of huis wat verdeeld is, sal nie bly staan nie. 26 Net so, as Satan Satan uitdryf, het hy teen homself gedraai. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? 27 En as ek die demone deur Beëlʹsebub uitdryf, deur wie dryf julle volgelinge hulle uit? Daarom sal hulle julle veroordeel. 28 Maar as dit deur God se gees is dat ek die demone uitdryf, het die Koninkryk van God julle werklik ingehaal.+ 29 Of hoe kan iemand in die huis van ’n sterk man inkom en sy besittings vat as hy nie die sterk man eers vooraf vasbind nie? Slegs dan kan hy alles in sy huis vat.
-