-
Levitikus 11:13-20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 “‘Julle moet die volgende vlieënde diere verafsku, en hulle mag nie geëet word nie, want hulle is walglik: die arend,+ die visvalk, die swartaasvoël,+ 14 die rooiwou en elke soort swartwou, 15 elke soort kraai, 16 die volstruis, die uil, die meeu, elke soort valk, 17 die steenuil, die kormorant, die langooruil, 18 die swaan, die pelikaan, die aasvoël, 19 die ooievaar, elke soort reier, die hoep-hoep en die vlermuis. 20 Elke insek* met vlerke wat op vier pote loop, is vir julle iets walgliks.
-
-
Deuteronomium 14:19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
19 Elke insek met vlerke is ook vir julle onrein. Hulle mag nie geëet word nie.
-