25 God het hom gegee as ’n offer sodat dié wat geloof in sy bloed stel,+ met God versoen kan word.+ Dit was sodat God sy eie regverdigheid kon toon, want hy was geduldig* en het die sondes vergewe wat in die verlede gepleeg is.
14 Maar die bloed van die Christus doen soveel meer!+ Hy het homself deur middel van die ewige heilige gees as ’n onbesmette offer vir God aangebied, en dit reinig ons gewetens van dooie werke+ sodat ons heilige diens vir die lewende God kan doen.+
22 Laat ons dus met opregte harte en rotsvaste geloof nader kom, aangesien ons harte deur besprinkeling gereinig is van ’n goddelose gewete+ en ons liggame met skoon water gewas is.+