-
Jesaja 61:10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Ek sal groot vreugde vind in Jehovah.
Met my hele hart en siel sal ek bly wees in my God.+
Want hy het my met die klere van redding geklee.+
Hy het die mantel* van regverdigheid om my gehang.
Ek is soos ’n bruidegom wat ’n tulband soos dié van ’n priester dra+
en soos ’n bruid wat haar met haar juwele versier.
-
-
Efesiërs 5:25-27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
25 Mans, hou aan om julle vrouens lief te hê,+ net soos die Christus ook die gemeente liefgehad het en homself daarvoor opgeoffer het,+ 26 sodat hy dit kon heilig en reinig deur dit in die water van die woord te bad,+ 27 en sodat hy die gemeente in die prag daarvan voor hom kon aanbied, sonder ’n vlek of ’n plooi of iets soortgelyks,+ maar heilig en sonder enige soort merk.+
-