Deuteronomium
34 Toe het Moses uit die woestynvlaktes van Moab teen die berg Nebo opgeklim,+ na die top van Pisga,+ wat op Jeʹrigo uitkyk.+ En Jehovah het hom die hele land gewys: Giʹlead tot by Dan,+ 2 en die hele Nafʹtali en die land van Eʹfraim en Manasʹse en die hele land van Juda tot by die westelike see,+ 3 en die Negeb+ en die Distrik,+ die valleivlakte van Jeʹrigo, die palmstad,+ tot by Soar.+
4 En Jehovah het vir hom gesê: “Dit is die land wat ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het deur te sê: ‘Aan jou saad sal ek dit gee.’+ Ek het jou dit met jou eie oë laat sien, aangesien jy nie daarheen sal oortrek nie.”+
5 Daarna het Moses, die kneg van Jehovah,+ daar in die land Moab gesterf, volgens die bevel van Jehovah.+ 6 En hy het hom in die vallei in die land Moab begrawe teenoor Bet-Peor,+ en niemand weet tot vandag toe waar sy graf is nie.+ 7 En Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het.+ Sy oog het nie dof geword nie+ en sy lewenskrag het nie gewyk nie.+ 8 En die kinders van Israel het dertig dae lank in die woestynvlaktes van Moab oor Moses gehuil.+ Eindelik het die dae van die gehuil, van die routyd vir Moses, tot ’n einde gekom.
9 En Josua, die seun van Nun, was vol van die gees van wysheid,+ want Moses het hom die hand opgelê;+ en die kinders van Israel het na hom begin luister, en hulle het gedoen net soos Jehovah Moses beveel het.+ 10 Maar daar het nog nooit weer ’n profeet in Israel opgestaan soos Moses nie+—vir wie Jehovah van aangesig tot aangesig geken het+— 11 wat al die tekens en die wonderwerke betref wat Jehovah hom gestuur het om in Egipteland aan Farao en al sy knegte en sy hele land te doen,+ 12 en wat die hele sterk hand betref en al die groot, ontsagwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel verrig het.+