Eksodus
17 Die hele gemeenskap van Israel het op Jehovah se bevel+ van die een plek na die ander getrek op hulle reis uit die wildernis Sin,+ en hulle het in Reʹfidim kamp opgeslaan.+ Maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.
2 Die volk het dus met Moses begin stry+ en gesê: “Gee vir ons water om te drink.” Maar Moses het vir hulle gesê: “Hoekom stry julle met my? Hoekom hou julle aan om Jehovah te toets?”+ 3 Maar die volk was baie dors, en hulle het aangehou om teen Moses te kla+ en gesê: “Hoekom het jy ons uit Egipte uitgelei om ons en ons kinders en ons vee van die dors te laat doodgaan?” 4 Uiteindelik het Moses tot Jehovah geroep en gesê: “Wat moet ek met hierdie volk doen? Hulle gaan my nog met klippe doodgooi!”
5 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Gaan voor die volk uit en neem van die ouermanne van Israel saam met jou, sowel as jou staf waarmee jy die Nylrivier geslaan het.+ Neem dit in jou hand en gaan. 6 Ek sal daar voor jou op die rots in Horeb staan. Jy moet die rots slaan, en water sal daaruit kom, en die volk sal dit drink.”+ Moses het dit voor die oë van die ouermanne van Israel gedoen. 7 Hy het die plek toe Massa*+ en Meʹriba*+ genoem weens die stryery van die Israeliete en omdat hulle Jehovah getoets het+ deur te sê: “Is Jehovah met ons of nie?”
8 Toe het die Amalekiete+ teen Israel kom veg in Reʹfidim.+ 9 En Moses het vir Josua+ gesê: “Kies vir ons manne en gaan uit om teen die Amalekiete te veg. Môre gaan ek op die top van die heuwel staan met die staf van die ware God in my hand.” 10 Toe het Josua gedoen net soos Moses vir hom gesê het,+ en hy het teen die Amalekiete geveg. En Moses, Aäron en Hur+ het opgeklim na die top van die heuwel.
11 Solank as wat Moses sy hande opgehou het, het die Israeliete die oorhand gekry, maar sodra hy sy hande laat sak het, het die Amalekiete die oorhand gekry. 12 Toe Moses se hande moeg geword het, het hulle ’n klip geneem en dit onder hom geplaas, en hy het daarop gesit. Toe het Aäron en Hur sy hande ondersteun, een aan elke kant, sodat sy hande in die lug gebly het totdat die son ondergegaan het. 13 So het Josua Aʹmalek en sy volk met die swaard verslaan.+
14 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Skryf dít as ’n herinnering in die boek en herhaal dit vir Josua: ‘Ek sal seker maak dat niemand onder die hemel Aʹmalek sal onthou nie.’”+ 15 Toe het Moses ’n altaar gebou en dit Jehovah-Nissi* genoem 16 en gesê: “Omdat sy hand teen die troon van Jah is,+ sal Jehovah van geslag tot geslag teen Aʹmalek oorlog voer.”+