Psalms
71 By u, o Jehovah, het ek beskerming kom soek.
Mag ek nooit verneder word nie.+
2 Red my en verlos my in u regverdigheid.
Skenk aandag aan* my en red my.+
3 Word vir my ’n rotsvesting
waar ek altyd kan ingaan.
Beveel dat ek gered word,
want u is my groot rots en my vesting.+
5 Want u is my hoop, o Soewereine Heer Jehovah.
Ek het van jongs af op u vertrou.+
6 Ek het van geboorte af op u staatgemaak.
Dit was u wat my uit die baarmoeder geneem het.+
Ek prys u voortdurend.
7 Baie was verstom toe hulle sien wat met my gebeur het,
maar u is my veilige skuilplek.
Die hele dag lank vertel ek van u heerlikheid.
9 Moenie my verstoot op my oudag nie.+
Moenie my verlaat wanneer ek nie meer krag het nie.+
10 My vyande praat teen my,
en dié wat my wil doodmaak, beraam planne teen my+
11 en sê: “God het hom verlaat.
Sit hom agterna en vang hom, want daar is niemand om hom te red nie.”+
12 O God, moenie ver van my af bly nie.
O my God, kom gou en help my.+
Mag dié wat rampspoed oor my wil bring,
met skande en vernedering bedek word.+
14 Maar wat my betref, ek sal bly wag.
Ek sal bydra tot u lof.
16 Ek sal van u magtige dade kom vertel,
o Soewereine Heer Jehovah.
Ek sal van niemand anders se regverdigheid praat nie.
18 Selfs wanneer ek oud en grys is, o God, moet u my nie verlaat nie.+
Laat ek die volgende geslag van u krag* vertel,
en laat ek almal wat nog moet kom, van u mag vertel.+
19 U regverdigheid, o God, strek tot by die hoogtes.+
U het groot dinge gedoen.
O God, wie is soos u?+
Laat my opkom uit die dieptes* van die aarde.+
21 Mag u my grootheid vermeerder
en my met u beskerming omring en my vertroos.
Ek sal vir u lofliedere sing* terwyl ek op die harp speel,
o Heilige van Israel.