Jesaja
46 Bel buig neer+ en Nebo buk.
Hulle afgode is op diere gelaai, op pakdiere,+
soos ’n swaar las op die moeë diere.
2 Hulle sal saam buk en neerbuig.
Hulle kan nie die vragte* red nie,
en hulle gaan self in gevangenskap.
3 “Luister na my, o huis van Jakob, en almal wat van die huis van Israel oorgebly het,+
julle wat ek van geboorte af ondersteun en gedra het.+
4 Selfs wanneer jy oud word, sal ek dieselfde wees.+
Selfs wanneer jou hare grys is, sal ek aanhou om jou te dra.
Net soos ek in die verlede gedoen het, sal ek jou ondersteun en dra en red.+
5 Met wie kan julle my vergelyk? Of aan wie kan julle my gelykstel+
asof ons eenders is?+
6 Daar is mense wat baie goud uit hulle geldsakke gooi.
Hulle weeg die silwer op die skaal af.
Hulle huur ’n metaalwerker, en hy maak ’n god daarmee.+
Dan buig hulle daarvoor neer, ja, hulle aanbid dit.*+
7 Hulle sit dit op hulle skouers.+
Hulle dra dit en sit dit op ’n plek neer, en dan staan dit net daar.
Dit beweeg nie van daardie plek af nie.+
Hulle roep dit aan, maar dit antwoord nie.
Dit kan niemand uit die moeilikheid red nie.+
8 Dink hieraan en wees moedig.
Hou dit in gedagte, julle oortreders.
Ek is God, en daar is niemand soos ek nie.+
10 Van die begin af voorspel ek die uiteinde,
en van die verre verlede af voorspel ek die dinge wat nog nie gedoen is nie.+
11 Uit die ooste* roep ek ’n roofvoël.+
Uit ’n ver land roep ek die man wat my besluit* sal uitvoer.+
Ek het gepraat, en ek sal dit laat gebeur.
Dit is wat ek besluit het, en ek sal dit uitvoer.+
13 Ek het my regverdigheid naby gebring.
Dit is nie ver weg nie,
en my redding sal nie laat wees nie.+
Ek sal vir Sion redding bring en vir Israel my prag gee.”+