Die eerste brief aan die Korintiërs
4 Mense moet ons beskou as dienaars van Christus en bestuurders van God se heilige geheime.+ 2 En daar word van bestuurders verwag dat hulle getrou moet wees. 3 Vir my is dit glad nie belangrik dat julle of enige menslike hof my ondersoek nie. Om die waarheid te sê, ek ondersoek nie eers myself nie, 4 want ek is nie bewus van enigiets teen my nie. Maar dit bewys nie dat ek regverdig is nie. Die een wat my ondersoek, is Jehovah.*+ 5 Daarom moet julle nie voor die vasgestelde tyd oordeel nie,+ totdat die Here kom. Hy sal die geheime dinge van die duisternis openbaar en die planne van die harte bekend maak, en dan sal God elkeen prys.+
6 Broers, ek het hierdie dinge dan nou vir julle eie beswil op my en Apolʹlos+ toegepas, sodat julle die volgende reël deur ons kan leer: “Moenie verder gaan as die dinge wat geskryf is nie.” Dan sal julle nie opgeblase van trots+ wees en die een bo die ander voortrek nie. 7 Want wat maak jou dan anders as iemand anders? Ja, wat het jy wat jy nie ontvang het nie?+ As jy dit dan in werklikheid ontvang het, hoekom spog jy asof jy dit nie ontvang het nie?
8 Is julle al klaar versadig? Is julle al klaar ryk? Het julle sonder ons as konings begin regeer?+ Ek wens dat julle al as konings begin regeer het, want dan kon ons ook saam met julle as konings regeer.+ 9 Want dit lyk vir my asof God ons, die apostels, laaste laat verskyn het as mense wat tot die dood veroordeel is,+ want ons het ’n teaterskouspel geword vir die wêreld+ en vir engele en vir mense. 10 Ons is dwase+ ter wille van Christus, maar julle is verstandig omdat julle Christus volg. Ons is swak, maar julle is sterk. Julle word geëer, maar daar word op ons neergekyk. 11 Tot op hierdie uur is ons nog steeds honger+ en dors+ en het ons skaars klere aan* en word ons geslaan*+ en is ons dakloos 12 en werk ons hard met ons eie hande.+ Wanneer ons beledig word, seën ons.+ Wanneer ons vervolg word, verdra ons dit geduldig.+ 13 Wanneer ons naam deur die modder gesleep* word, gee ons ’n sagte antwoord.*+ Tot nou toe het ons soos die vullis van die wêreld geword, die skuim* van alle dinge.
14 Ek skryf nie hierdie dinge om julle te laat skaam kry nie, maar om julle raad te gee as my geliefde kinders. 15 Want al het julle ook 10 000 oppassers* in Christus, het julle beslis nie baie vaders nie, want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur middel van die goeie nuus.+ 16 Ek spoor julle dus aan: Word navolgers van my.+ 17 Daarom stuur ek Timoʹteus na julle toe, want hy is my geliefde en getroue kind in die Here. Hy sal julle herinner aan die metodes wat ek volg* in my diens aan Christus Jesus,+ dieselfde metodes wat ek oral in elke gemeente aan ander leer.
18 Party is opgeblase van trots, want hulle dink dat ek nie na julle toe kom nie. 19 Maar ek sal binnekort na julle toe kom, as Jehovah* wil, nie om te luister na die woorde van hierdie mense wat opgeblase van trots is nie, maar om uit te vind of hulle God se krag het of nie. 20 Want die Koninkryk van God gaan nie oor woorde nie, maar oor krag. 21 Wat verkies julle? Moet ek met ’n slaanding na julle toe kom,+ of met liefde en sagmoedigheid?