Job
31 “Ek het ’n verbond met my oë gemaak+
dat ek nooit ongepaste aandag aan ’n jong meisie sal gee nie.+
2 As ek dit sou doen, wat sou ek ontvang van God in die hemel?
Watter erfdeel sou ek ontvang van die Almagtige daar bo?
3 Word die goddeloses nie deur rampspoed getref nie?
En sal dit nie sleg gaan met dié wat verkeerde dinge doen nie?+
5 Was ek iemand wat leuens vertel het?*
Was ek iemand wat mense bedrieg het?+
6 Laat God my met ’n akkurate weegskaal weeg.+
Dan sal hy sien dat ek my integriteit* behou het.+
7 As ek van die regte pad afgedwaal het,+
of as my hart my oë gevolg het,+
of as my hande onrein geword het,
8 laat iemand anders dan eet wat ek gesaai het,+
en laat alles wat ek geplant het,* uitgeruk word.
9 As my hart deur ’n vrou verlei is+
en ek in die geheim naby my medemens se deur gewag het,+
10 laat my vrou dan vir ’n ander man graan maal,
13 As ek gekeer het dat my slawe of slavinne geregtigheid kry
wanneer hulle ’n klagte* teen my gehad het,
14 wat sou ek dan kon doen wanneer God my daaroor konfronteer?
Wat sou ek vir hom kon sê wanneer hy my daaroor uitvra?+
15 Het die Een wat my in die baarmoeder gemaak het, hulle nie ook gemaak nie?+
Is ons nie voor ons geboorte* deur dieselfde Een gevorm nie?+
16 As ek geweier het om vir die armes te gee wat hulle wou hê+
en die weduwees teleurgestel het deur hulle nie te help nie,+
17 as ek my kos alleen geëet het
en dit nie met die weeskinders gedeel het nie,+
18 (want vandat ek jonk was, het ek die weeskinders grootgemaak en was ek soos ’n pa vir hulle,
en van jongs af het ek die weduwees gehelp)
19 as ek gesien het dat iemand verkluim omdat hy nie klere het nie
of dat ’n arm man niks het om hom mee te bedek nie,+
20 as ek nie vir hom wol van my skape gegee het
sodat hy kon warm bly en my kon seën nie,+
21 en as ek ’n weeskind gedreig het+
wanneer hy my in die stadspoort kom vra het om hom te help,*+
22 laat my arm dan van my skouer afval,
en laat my arm by die elmboog* gebreek word.
23 Maar ek sou nooit so iets gedoen het nie, want ek was bang vir die rampspoed wat God oor my sou bring,
en ek sou nie voor hom* kon staan nie.
24 As ek my hoop op goud gestel het,
of vir suiwer goud gesê het: ‘Ek vertrou op jou!’+
25 of as my rykdom en al die besittings wat ek bymekaargemaak het,+
my grootste vreugde in die lewe was,+
26 as ek die son sien skyn het
of die maan in sy prag verby sien gly het+
27 en my hart verlei is
28 sou dit ’n sonde gewees het wat straf van die regters verdien,
want ek sou ontrou gewees het aan die ware God daar bo.
29 Was ek ooit bly toe my vyand vernietig is,+
of het ek lekker gekry toe iets slegs met hom gebeur het?
32 Ek het nie vreemdelinge buite laat slaap nie.+
My deur was altyd oop vir reisigers.
33 Het ek ooit soos ander mense my sondes probeer bedek+
deur dit in die sak van my kleed weg te steek?
34 Was ek bang vir wat mense sou sê
of dat ander sleg van my sou dink,
en het dit my laat stilbly en gekeer dat ek buitentoe gaan?
35 As iemand maar net na my sou luister!+
Ek sal my handtekening gee om te bevestig dat ek die waarheid praat.
Laat die Almagtige my antwoord!+
As my beskuldiger maar net sy klagtes in ’n dokument neergeskryf het!
36 Ek sou dit op my skouers gedra het
en soos ’n kroon op my kop gesit het.
37 Ek sou hom ’n verslag gegee het van alles wat ek gedoen het.
Soos ’n leier sou ek vol vertroue na hom toe gegaan het.
38 As my landerye my sou aankla
en die vore wat ek geploeg het, saam sou huil;
39 as ek die opbrengs daarvan geëet het sonder dat ek daarvoor betaal het,+
of as ek die eienaars daarvan moed laat verloor het,+
40 laat dorings dan vir my opkom in plaas van koring,
en stink onkruid in plaas van gars.”
Die woorde van Job eindig hier.