136 Dank Jehovah, want hy is goed.+
Sy lojale liefde duur vir ewig.+
2 Dank die God van die gode,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
3 Dank die Here van die here,
want sy lojale liefde duur vir ewig.
4 Hy alleen doen groot wonders,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.+
5 Hy het die hemel met vaardigheid gemaak,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
6 Hy het die aarde bo die water uitgesprei,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
7 Hy het die groot ligte gemaak,+
want sy lojale liefde duur vir ewig,
8 die son om oor die dag te heers,+
want sy lojale liefde duur vir ewig,
9 die maan en die sterre om oor die nag te heers,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
10 Hy het Egipte se eersgeborenes doodgemaak,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
11 Hy het Israel onder hulle uitgelei,+
want sy lojale liefde duur vir ewig,
12 met ’n magtige hand+ en ’n uitgestrekte arm,
want sy lojale liefde duur vir ewig.
13 Hy het die Rooisee in twee verdeel,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
14 Hy het Israel daardeur laat gaan,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
15 Hy het Farao en sy leërmag in die Rooisee afgeskud,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
16 Hy het sy volk deur die wildernis gelei,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
17 Hy het groot konings doodgemaak,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
18 Hy het magtige konings doodgemaak,
want sy lojale liefde duur vir ewig,
19 Sihon,+ die koning van die Amoriete,
want sy lojale liefde duur vir ewig,
20 en Og,+ die koning van Basan,
want sy lojale liefde duur vir ewig.
21 Hy het hulle land as ’n erfdeel gegee,+
want sy lojale liefde duur vir ewig,
22 as ’n erfdeel aan sy kneg Israel,
want sy lojale liefde duur vir ewig.
23 In ons vernedering het hy aan ons gedink,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.+
24 Hy het ons bly red van ons vyande,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
25 Hy gee voedsel aan alles wat lewe,+
want sy lojale liefde duur vir ewig.
26 Dank die God van die hemel,
want sy lojale liefde duur vir ewig.