Spreuke
28 Die goddeloses vlug sonder dat iemand hulle jaag,
2 Wanneer daar opstand* in die land is, sal daar een leier ná die ander wees,+
maar ’n leier sal lank regeer as iemand met insig en kennis hom help.+
4 Dié wat die wet ignoreer, prys die goddelose,
maar dié wat die wet gehoorsaam, vererg hulle vir die goddelose.+
5 Slegte mense kan nie verstaan wat reg is nie,
7 ’n Verstandige seun gehoorsaam die wet,
maar iemand wat met vrate vriende is, steek sy pa in die skande.+
8 Die een wat rykdom verkry deur rente+ en onregverdige wins,
maak dit bymekaar vir die een wat goed is vir die armes.+
10 Die een wat die getroues mislei om ’n verkeerde pad te volg, sal in sy eie strik trap,+
maar dié wat ’n rein lewe lei, sal met goeie dinge beloon word.+
12 Dit is wonderlik wanneer die regverdiges oorwin,
maar wanneer die goddeloses begin regeer, kruip mense weg.+
13 Iemand wat sy oortredings geheim hou, sal nie sukses hê nie,+
maar die persoon wat dit bely en ophou daarmee, sal genade ontvang.+
14 Gelukkig is die man wat altyd waaksaam is,*
maar die een wat sy hart verhard, sal deur rampspoed getref word.+
15 Soos ’n brullende leeu en ’n beer wat op ’n mens afstorm,
so is ’n goddelose heerser wat oor ’n hulpelose volk regeer.+
17 ’n Man wat vir iemand se dood verantwoordelik is, sal vlug totdat hy in die graf is.+
Niemand moet hom help nie.
18 Die een wat ’n rein lewe lei, sal gered word,+
maar die een wat ’n verkeerde weg volg, sal skielik val.+
19 Die een wat sy grond bewerk, sal baie kos hê,
maar die een wat nuttelose dinge najaag, sal arm word.+
20 ’n Betroubare man sal baie seëninge kry,+
maar die een wat probeer om vinnig ryk te word, sal nie onskuldig bly nie.+
21 Dit is nie goed om partydig te wees nie,+
maar iemand sal dalk iets verkeerds doen vir ’n stukkie brood.
23 Die een wat iemand teregwys,+ sal agterna meer waardeer word+
as die een wat sy tong gebruik om te vlei.
24 Die een wat van sy pa en ma steel en sê: “Dit is nie verkeerd nie,”+
is so goed as ’n misdadiger.+
25 ’n Gierige* persoon veroorsaak onenigheid,
maar iemand wat op Jehovah vertrou, sal voorspoedig wees.+