Psalms
Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie. ’n Lied.
2 Mag u hulle verdryf soos rook wat weggewaai word.
Laat die goddeloses voor God verdwyn+
soos was wat voor die vuur smelt.
3 Maar laat die regverdiges vreugdevol wees.+
Mag hulle baie bly wees voor God.
Mag hulle van vreugde uitroep.
4 Sing vir God, sing liedere* om sy naam te loof.+
Sing vir die Een wat deur die woestynvlaktes* ry.
Jah* is sy naam!+ Wees vreugdevol voor hom!
6 God gee dié wat alleen is, ’n huis om in te woon.+
Hy lei gevangenes uit na voorspoed.+
Maar die hardkoppiges* moet in ’n dorre land woon.+
Reën het uit die hemel gestort* as gevolg van God.
Hierdie Siʹnai het gebewe as gevolg van God, die God van Israel.+
9 U het baie reën laat val, o God.
U het nuwe krag gegee aan u uitgeputte volk.*
10 Hulle het in u tentgemeenskap gewoon.+
In u goedheid het u vir die armes gesorg, o God.
11 Jehovah gee die bevel.
Die vrouens wat die goeie nuus verkondig, is ’n groot leërmag.+
12 Die konings van leërmagte vlug,+ hulle vlug!
Die vrou wat by die huis bly, ontvang ’n deel van wat die vegters geneem het.+
13 Al het julle tussen die kampvure* gelê, o manne,
sal daar die vlerke van ’n duif wees wat met silwer oorgetrek is,
met vlerkpunte van suiwer* goud.
15 Die berg Basan+ is ’n berg van God.*
Die berg Basan is ’n berg met pieke.
Ja, Jehovah sal vir ewig daar woon.+
17 God het tienduisende strydwaens, duisende en nog duisende.+
Jehovah het van Siʹnai af in die heiligdom ingekom.+
U het gawes in die vorm van mense geneem,+
ja, selfs hardkoppiges,+ om onder hulle te woon,
o Jah God.
20 Die ware God is vir ons ’n God wat red,+
en Jehovah die Soewereine Heer kan ’n mens van die dood red.+
21 Ja, God sal die kop van sy vyande stukkend breek,
die harige kroon van die kop van enigiemand wat aanhou sondig.*+
22 Jehovah het gesê: “Ek sal hulle uit Basan+ terugbring.
Ek sal hulle uit die dieptes van die see terugbring,
23 sodat die bloed van julle vyande oor julle voete kan spoel+
en die tong van julle honde dit kan oplek.”
25 Die sangers loop voor, en die musikante met die snaarinstrumente volg hulle.+
Tussenin is die jong vroue wat op tamboeryne speel.+
26 Loof God onder die skare wat bymekaargekom het.*
Prys Jehovah, julle wat uit die Bron van Israel is.+
27 Daar is Benjamin,+ die jongste, wat hulle onderwerp,
en ook die leiers van Juda met hulle juigende skare,
die leiers van Seʹbulon, die leiers van Nafʹtali.
28 Julle God het beveel dat julle krag ontvang.
Toon u krag, o God, u wat vir ons opgetree het.+
30 Bestraf die wilde diere van die riete,
die hordes bulle+ en hulle kalwers,
totdat die volke neerbuig en silwerstukke bring.*
Maar hy verstrooi die volke wat dit geniet om oorlog te voer.
31 Voorwerpe van brons sal uit Egipte gebring word.*+
Kus sal haastig wees om geskenke vir God aan te bied.
32 O koninkryke van die aarde, sing vir God,+
sing lofliedere* vir Jehovah, (Sela)
33 vir die Een wat op die oeroue hemel ry, die hoogste hemel.+
Kyk! Sy stem dreun soos die donder, sy magtige stem.
Sy majesteit is oor Israel,
en sy krag is in die hemel.*
35 God is ontsagwekkend vanuit sy* groot heiligdom.+
Hy is die God van Israel,
wat krag en mag aan die volk gee.+
Mag God geloof word.