Jesaja
50 Dít is wat Jehovah sê:
“Waar is die skeibrief+ van julle ma, wat ek weggestuur het?
Of aan watter een van my skuldeisers het ek julle verkoop?
Dit was weens julle eie sondes+ dat julle verkoop is,
en dit was weens julle eie oortredings dat julle ma weggestuur is.+
2 Hoekom was daar dan niemand hier toe ek gekom het nie?
Hoekom het niemand geantwoord toe ek geroep het nie?+
Is my hand te kort om julle te verlos?
Of het ek nie die krag om julle te red nie?+
Kyk! Op my bevel droog die see op.+
Ek maak riviere ’n woestyn.+
Die visse verrot omdat daar nie water is nie,
en hulle sterf van die dors.
Hy maak my elke oggend wakker.
Hy maak my wakker sodat ek kan luister soos dié wat geleer word.+
Ek het nie in die teenoorgestelde rigting gedraai nie.+
6 Ek het toegelaat dat hulle my op my rug slaan
en dat hulle die baard op my wange uittrek.
Ek het nie my gesig weggedraai toe hulle my verneder het en in my gesig gespoeg het nie.+
7 Maar die Soewereine Heer Jehovah sal my help.+
Daarom sal ek nie verneder voel nie.
8 Die Een wat my regverdig verklaar, is naby.
Laat ons al twee ons saak stel.
Wie het ’n regsaak teen my?
Laat hom na my toe kom.
9 Die Soewereine Heer Jehovah sal my help.
Wie sal my skuldig verklaar?
Hulle sal almal vergaan soos ’n kleed
wat deur ’n mot opgevreet word.
Wie het in diep duisternis gelewe, sonder enige lig?
Laat hom op die naam van Jehovah vertrou en op sy God staatmaak.
11 “Maar julle almal wat ’n vuur aansteek
en die vonke laat spat,
julle moet in die lig van julle vuur loop,
tussen die vonke wat julle self gemaak het.
Dít is die straf wat julle van my sal ontvang:
In verskriklike pyn sal julle gaan lê.