Die eerste boek van Samuel
20 Dawid het toe uit Najot in Rama gevlug. Hy het na Joʹnatan toe gegaan en gevra: “Wat het ek gedoen?+ Wat het ek aan jou pa gedoen, en hoe het ek teen hom gesondig dat hy my lewe wil neem?” 2 Toe het Joʹnatan vir hom gesê: “Dit sal nie gebeur nie!+ Jy sal nie sterf nie. My pa sal niks doen sonder om my daarvan te vertel nie, of dit nou iets groots of iets kleins is. Hoekom sou my pa my nie hiervan vertel nie? Dit sal nooit gebeur nie.” 3 Maar Dawid het verder gesê: “Jou pa weet dat jy my vriend is,+ en hy sou gesê het: ‘Joʹnatan mag nie hiervan weet nie, anders sal hy ontsteld wees.’ Maar so waar as wat Jehovah lewe en so waar as wat jy lewe, daar is net ’n tree tussen my en die dood!”+
4 Toe het Joʹnatan vir Dawid gesê: “Ek sal enigiets doen wat jy van my vra.” 5 Dawid het gesê: “Môre is dit nuwemaan,+ en daar word verwag dat ek saam met die koning aan tafel moet eet. Laat my asseblief weggaan. Dan sal ek tot oormôre* in die veld wegkruip. 6 As jou pa wonder waar ek is, moet jy sê: ‘Dawid het my gesmeek vir toestemming om gou na sy stad, Betlehem,+ te gaan, want hulle het ’n jaarlikse offerande daar vir die hele familie.’+ 7 As hy antwoord: ‘Dit is goed,’ beteken dit vrede vir jou kneg. Maar as hy kwaad word, moet jy weet dat hy vasbeslote is om iets slegs aan my te doen. 8 Betoon lojale liefde aan my,*+ want jy het voor Jehovah ’n verbond met my gemaak.+ Maar as ek skuldig is,+ moet jy my self doodmaak. Hoekom sou jy my aan jou pa oorlewer?”
9 Maar Joʹnatan het gesê: “Moenie so iets sê nie! As ek uitvind dat my pa vasbeslote is om iets slegs aan jou te doen, sal ek jou mos daarvan vertel.”+ 10 Toe het Dawid vir Joʹnatan gevra: “Wie sal vir my sê as jou pa kwaad word?” 11 Joʹnatan het vir Dawid gesê: “Kom ons gaan uit veld toe.” Toe het hulle twee in die veld uitgegaan. 12 En Joʹnatan het vir Dawid gesê: “Jehovah, die God van Israel, is my getuie dat ek omtrent hierdie tyd môre of oormôre met my pa sal praat. As hy goedgesind is teenoor jou, sal ek vir jou ’n boodskap stuur om jou te laat weet. 13 Maar as my pa iets slegs aan jou wil doen en ek jou nie daarvan laat weet en jou in vrede laat gaan nie, laat Jehovah my dan swaar straf.* Mag Jehovah met jou wees,+ net soos hy met my pa was.+ 14 Ek weet dat jy gedurende my lewe en selfs as ek sterf die lojale liefde van Jehovah aan my sal betoon.+ 15 Hou aan om lojale liefde aan my en my familie te betoon,+ selfs wanneer Jehovah al jou vyande van die oppervlak van die aarde af uitroei.” 16 Joʹnatan het dus ’n verbond met die huis van Dawid gemaak en gesê: “Jehovah sal Dawid se vyande straf.” 17 Joʹnatan het Dawid weer laat sweer by sy liefde vir hom, want hy het hom liefgehad soos homself.+
18 Joʹnatan het toe vir hom gesê: “Môre is dit nuwemaan,+ en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees. 19 Oormôre sal jy nog meer gemis word, en jy moet na die plek gaan waar jy nou die dag* weggekruip het, en jy moet naby hierdie klip wag. 20 Ek sal dan drie pyle aan die een kant daarvan skiet, asof ek op ’n teiken skiet. 21 Daarna sal ek die dienaar stuur om na die pyle te gaan soek. As ek vir hom sê: ‘Kyk! Die pyle is langs jou. Gaan haal dit,’ dan kan jy maar terugkom, want dit beteken dat jy veilig is en dat daar geen gevaar is nie, so waar as wat Jehovah lewe. 22 Maar as ek vir die jong man sê: ‘Kyk! Die pyle is verder van jou af,’ dan moet jy gaan, want Jehovah het jou weggestuur. 23 En Jehovah sal vir ewig ’n getuie wees+ van die belofte wat ek en jy aan mekaar gemaak het.”+
24 Dawid het toe in die veld gaan wegkruip. Toe dit nuwemaan was, het die koning aan tafel gaan sit om te eet.+ 25 Die koning het op sy gewone plek by die muur gesit. Joʹnatan was oorkant hom, en Abner+ het langs Saul gesit, maar Dawid se plek was leeg. 26 Op daardie dag het Saul niks gesê nie, want hy het vir homself gesê: ‘Iets het gebeur wat hom onrein gemaak het.+ Ja, hy is seker onrein.’ 27 En die dag ná die nuwemaan, op die tweede dag, was Dawid se plek nog steeds leeg. Toe het Saul vir sy seun Joʹnatan gevra: “Hoekom het die seun van Isai+ nie gister of vandag na die ete toe gekom nie?” 28 Joʹnatan het Saul geantwoord: “Dawid het my gesmeek vir toestemming om Betlehem toe te gaan.+ 29 Hy het gesê: ‘Gee my asseblief toestemming om te gaan, want ons het ’n familieofferande in die stad, en my broer het vir my gesê dat ek moet kom. Laat my toe om weg te glip sodat ek my broers kan besoek.’ Dit is hoekom hy nie na die koning se tafel gekom het nie.” 30 Toe het Saul woedend geword vir Joʹnatan en vir hom gesê: “Jou seun van ’n opstandige vrou, dink jy ek weet nie dat jy die seun van Isai se kant kies nie? Jy bring skande oor jouself en oor jou ma! 31 Solank as wat die seun van Isai op die aarde is, sal nie jy of jou koningskap veilig wees nie.+ Stuur onmiddellik iemand om hom na my toe te bring, want hy moet sterf.”+
32 Maar Joʹnatan het vir sy pa gevra: “Hoekom moet hy doodgemaak word?+ Wat het hy gedoen?” 33 Toe het Saul die spies na hom toe gegooi,+ en Joʹnatan het besef dat sy pa vasbeslote is om Dawid dood te maak.+ 34 Onmiddellik het Joʹnatan woedend van die tafel af opgestaan, en op die tweede dag ná die nuwemaan het hy niks geëet nie omdat hy ontsteld was oor Dawid+ en omdat sy eie pa hom verneder het.
35 In die oggend het Joʹnatan na die veld uitgegaan soos hy en Dawid afgespreek het, en ’n jong dienaar was by hom.+ 36 Hy het vir sy dienaar gesê: “Hardloop asseblief en vind die pyle wat ek skiet.” Die dienaar het gehardloop, en Joʹnatan het die pyl verby hom geskiet. 37 Toe die dienaar by die plek kom waar die pyl geland het, het Joʹnatan agter die dienaar aan geroep: “Is die pyl nie verder van jou af nie? 38 Maak gou! Moenie stilstaan nie!” En Joʹnatan se dienaar het die pyle opgetel en teruggekom na sy heer toe. 39 Die dienaar het van niks geweet nie. Net Joʹnatan en Dawid het geweet waaroor dit alles gaan. 40 Daarna het Joʹnatan sy wapens vir sy dienaar gegee en vir hom gesê: “Gaan, neem dit na die stad.”
41 Toe die dienaar daar weg is, het Dawid uit sy wegkruipplek gekom, wat daar naby aan die suidekant was. Toe het hy op sy knieë geval en drie keer neergebuig met sy gesig na die grond toe, en hulle het mekaar gesoen en saam gehuil, maar Dawid het die meeste gehuil. 42 Joʹnatan het vir Dawid gesê: “Gaan in vrede, want ons twee het in die naam van Jehovah gesweer:+ ‘Mag Jehovah vir ewig ’n getuie wees tussen my en jou en tussen my nageslag* en jou nageslag.’”*+
Toe het Dawid vertrek, en Joʹnatan het na die stad teruggegaan.