Die eerste boek van Samuel
27 Dawid het vir homself gesê: ‘Eendag gaan Saul my nog doodmaak. Dit is beter dat ek na die land van die Filistyne vlug.+ Dan sal Saul ophou om na my te soek in die hele gebied van Israel,+ en ek sal van hom ontsnap.’ 2 Toe het Dawid en die 600 manne+ wat by hom was, gegaan na Agis,+ die seun van Maog, die koning van Gat. 3 Dawid en sy manne het saam met hulle gesinne by Agis in Gat gebly. Dawid se twee vrouens, Ahiʹnoam+ van Jisʹreël en Abiʹgail+ van Karmel, Nabal se weduwee, was saam met hom. 4 Toe Saul hoor dat Dawid na Gat gevlug het, het hy opgehou om na hom te soek.+
5 Toe het Dawid vir Agis gesê: “As u dit goedvind, gee my asseblief ’n plek in een van die dorpe op die platteland. Hoekom moet u kneg by u in die koninklike stad woon?” 6 Op daardie dag het Agis vir hom Siklag+ gegee. Daarom behoort Siklag tot vandag toe aan die konings van Juda.
7 Dawid het ’n jaar en vier maande lank in die land van die Filistyne gewoon.+ 8 Dawid en sy manne het die Gesuriete,+ die Girsiete en die Amalekiete+ gereeld gaan stroop. Dit is die mense wat gewoon het in die gebied wat van Telam af tot by Sur+ en Egipte strek. 9 Elke keer wanneer Dawid die land aangeval het, het hy nie ’n enkele man of vrou se lewe gespaar nie,+ maar hy het die kleinvee, die beeste, die donkies, die kamele en die klere gevat, en daarna het hy na Agis teruggegaan. 10 Agis het dikwels gevra: “Watter gebied het julle vandag gaan stroop?” Dawid het dan geantwoord: “Die suide* van Juda”+ of: “Die suide van die gebied van die Jeragmeëliete”+ of: “Die suide van die gebied van die Keniete”.+ 11 Dawid het nie ’n enkele man of vrou se lewe gespaar nie, sodat hulle nie na Gat gebring kon word en kon sê wat hy gedoen het nie. (Dit is wat hy altyd gedoen het terwyl hy in die land van die Filistyne gewoon het.) 12 Agis het Dawid dus geglo en vir homself gesê: ‘Sy volk Israel het hom beslis begin haat, en daarom sal hy altyd my kneg wees.’