Genesis
32 En wat Jakob betref, hy het vertrek, en die engele van God het hom toe ontmoet.+ 2 Toe hy hulle sien, het Jakob onmiddellik gesê: “Dit is die kamp van God!”+ Hy het daardie plek derhalwe Mahanaʹim+ genoem.
3 Toe het Jakob boodskappers+ voor hom uit gestuur na sy broer Esau toe, na die land Seïr,+ die gebied van Edom,+ 4 en hy het hulle beveel en gesê: “Só moet julle vir my heer,+ vir Esau, sê: ‘Só het u kneg Jakob gesê: “By Laban het ek as ’n vreemdeling gewoon, en ek het lank daar gebly, tot nou toe.+ 5 En ek het bulle en esels, skape en diensknegte en diensmeisies verkry,+ en ek wil my heer graag laat weet, sodat ek guns in u oë mag vind.”’”+
6 Na verloop van tyd het die boodskappers na Jakob toe teruggekeer en gesê: “Ons het by u broer Esau gekom, en hy is ook op pad om u te ontmoet, en vierhonderd man saam met hom.”+ 7 En Jakob het baie bang en angstig geword.+ Toe het hy die mense wat by hom was, en die kleinvee en die beeste en die kamele in twee kampe verdeel,+ 8 en hy het gesê: “As Esau by die een kamp sou kom en dit aanval, dan sal daar beslis ’n kamp oorbly wat kan ontkom.”+
9 Daarna het Jakob gesê: “O God van my vader Abraham en God van my vader Isak,+ o Jehovah, u wat vir my sê: ‘Keer terug na jou land en na jou familielede en ek sal aan jou goed doen’,+ 10 ek is nie al die liefderyke goedhartighede en al die getrouheid wat u teenoor u kneg bewys het,+ waardig nie, want net met my staf het ek deur hierdie Jordaan getrek, en nou het ek twee kampe geword.+ 11 Ek bid u, verlos my+ uit my broer se hand, uit Esau se hand, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my beslis sal aanval,+ die moeder saam met die kinders. 12 En u, u het gesê: ‘Ek sal ongetwyfeld aan jou goed doen en jou saad soos die sandkorrels van die see maak, wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.’”+
13 En hy het daardie nag daar oorgebly. En van wat in sy hand gekom het, het hy ’n geskenk vir sy broer Esau geneem:+ 14 tweehonderd bokooie en twintig bokramme, tweehonderd skaapooie en twintig ramme, 15 dertig sogende kamele en hulle kalfies, veertig koeie en tien bulle, twintig eselinne en tien volgroeide esels.+
16 Toe het hy die een trop na die ander afsonderlik aan sy knegte oorgegee en herhaaldelik vir sy knegte gesê: “Trek voor my uit na die oorkant, en julle moet tussen trop en trop ’n ruimte los.”+ 17 Verder het hy die eerste een beveel en gesê: “As my broer Esau jou teëkom en jou soos volg vra: ‘Aan wie behoort jy, en waarheen gaan jy en aan wie behoort dié hier voor jou?’ 18 dan moet jy sê: ‘Aan u kneg, aan Jakob. Dit is ’n geskenk,+ wat vir my heer,+ vir Esau, gestuur word, en kyk! hy is self ook agter ons.’” 19 En hy het ook die tweede, ook die derde, ook almal wat die troppe gevolg het, beveel en gesê: “Volgens hierdie woord moet julle met Esau praat as julle hom teëkom.+ 20 En julle moet ook sê: ‘Kyk, u kneg Jakob is agter ons.’”+ Want hy het by homself gesê: “Ek sal hom dalk in ’n gunstige stemming bring deur die geskenk wat voor my uit gaan,+ en daarna sal ek sy aangesig sien. Miskien sal hy my vriendelik ontvang.”+ 21 Toe het die geskenk voor hom uit gegaan na die oorkant, maar hy het dié nag in die kamp gebly.+
22 Later gedurende dié nag het hy opgestaan en sy twee vrouens+ en sy twee diensmeisies+ en sy elf jong seuns+ geneem en deur die Jabbokdrif+ getrek. 23 Toe het hy hulle geneem en hulle oor die stroomvallei gebring,+ en hy het oorgebring wat hy gehad het.
24 Uiteindelik het Jakob alleen agtergebly. Toe het ’n man met hom begin worstel tot dagbreek toe.+ 25 Toe hy sien dat hy nie die oorhand oor hom gekry het nie,+ het hy aan die potjie van sy dybeen geraak; en die potjie van Jakob se dybeen het uit lid geraak tydens sy worsteling met hom.+ 26 Daarna het hy gesê: “Laat my gaan, want die dag het gebreek.” Hierop het hy gesê: “Ek sal u nie laat gaan voordat u my eers geseën het nie.”+ 27 Toe het hy vir hom gesê: “Wat is jou naam?” waarop hy gesê het: “Jakob.” 28 Daarop het hy gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel,+ want jy het met God en met mense geworstel+ sodat jy uiteindelik die oorhand gekry het.” 29 En Jakob het gevra en gesê: “Sê my asseblief u naam.” Hy het egter gesê: “Waarom vra jy my naam?”+ Toe het hy hom daar geseën. 30 Jakob het die plek derhalwe Pniël+ genoem, want, soos hy dit gestel het: “Ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog is my siel verlos.”+
31 En die son het op hom begin skyn net toe hy by Pnuel verbygaan, maar hy was mank aan sy dy.+ 32 Daarom eet die kinders van Israel tot vandag toe gewoonlik nie die sening van die dysenuwee, wat aan die potjie van die dybeen is nie, omdat hy aan die potjie van Jakob se dybeen geraak het, by die sening van die dysenuwee.+