Psalms
Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie.
109 O God van my lof,+ moenie stilbly nie.+
2 Want die mond van die goddelose en die mond van bedrog het teen my oopgegaan.+
Hulle het met ’n leuenagtige tong van my gepraat;+
3 En met woorde van haat het hulle my omring,+
En hulle bly sonder oorsaak teen my veg.+
10 En laat sy seuns vir seker ronddwaal;+
En hulle sal bedel,
En hulle sal vanuit hulle verlate plekke voedsel soek.+
12 Laat hom niemand hê wat liefderyke goedhartigheid bewys nie,+
En laat daar niemand wees wat aan sy vaderlose seuns guns betoon nie.
14 Laat die oortreding van sy voorvaders voor Jehovah in herinnering gebring word,+
En die sonde van sy moeder+—laat dit nie uitgewis word nie.+
15 Laat dit voortdurend voor Jehovah wees;+
En laat hy die gedagtenis aan hulle van die aarde af uitroei;+
16 Omdat hy nie daaraan gedink het om liefderyke goedhartigheid te bewys nie,+
Maar die geteisterde en arme bly vervolg het,+
En die terneergedrukte van hart, om hom dood te maak.+
17 En hy het die vervloeking+ liefgehad, sodat dit oor hom gekom het;+
En hy het nie behae geskep in die seën nie,+
Sodat dit ver van hom af gebly het;+
18 En hy is beklee met vervloeking as sy kleed.+
Dit het dus soos waters in sy binneste gekom+
En soos olie in sy gebeente.
19 Laat dit vir hom wees soos ’n kleed waarmee hy hom omhul+
En soos ’n gordel wat hy om hom gegord hou.+
20 Dít is die loon wat van Jehovah kom vir die een wat my teëstaan+
En vir dié wat kwaad teen my siel spreek.+
21 Maar u is Jehovah, die Soewereine+ Heer.
Handel met my ter wille van u naam.+
Omdat u liefderyke goedhartigheid goed is—verlos+ my.
28 Laat húlle ’n vloek uitspreek.+
Maar mag ú ’n seën uitspreek.+
Hulle het opgestaan, maar laat hulle beskaamd word,+
En laat u kneg bly wees.+