Psalms
Vir die musiekleier. Van Dawid.
11 Tot Jehovah het ek my toevlug geneem.+
Hoe durf julle vir my siel sê:
“Vlug soos ’n voël na julle berg!+
2 Want kyk! die goddeloses span die boog,+
Hulle sit hulle pyl op die boogsnaar reg,
Om in die donker op die opregtes van hart te skiet.+
4 Jehovah is in sy heilige tempel.+
Jehovah—in die hemel is sy troon.+
Sy oë sien, sy stralende oë ondersoek+ die mensekinders.
5 Jehovah ondersoek die regverdige sowel as die goddelose,+
En Sy siel haat beslis elkeen wat geweld liefhet.+