Psalms
ל [Laʹmed]
2 In sy hoogmoed vervolg die goddelose die geteisterde hewig;+
Hulle word gevang deur die idees wat hulle uitgedink het.+
3 Want die goddelose het homself geprys oor die selfsugtige verlange van sy siel,+
En die een wat onregverdige wins maak,+ het homself geseën;
נ [Noen]
Hy het Jehovah geminag.+
4 Die goddelose stel in sy verwaandheid geen ondersoek in nie;+
Al sy idees is: “Daar is geen God nie.”+
5 Sy weë bly te alle tye voorspoedig.+
U regterlike beslissings is in die hoogte, buite sy bereik;+
Wat almal betref wat hom vyandiggesind is, hy verag hulle.+
6 Hy het in sy hart gesê: “Ek sal nie wankel nie;+
Van geslag tot geslag sal ek iemand wees wat geen rampspoed ondervind nie.”+
פ [Peʼ]
7 Sy mond is vol vervloekinge en bedrieërye en onderdrukking.+
Onder sy tong is moeilikheid en wat skadelik is.+
8 Hy sit in ’n hinderlaag teen nedersettings;
Uit verborge plekke sal hy ’n onskuldige doodmaak.+
ע [ʽAʹjin]
Sy oë is op die uitkyk na ’n ongelukkige.+
9 Hy bly op die loer lê in die verborge plek soos ’n leeu in sy skuilplek.+
Hy bly op die loer lê+ om die een of ander geteisterde met geweld weg te voer.
Hy voer die geteisterde met geweld weg wanneer hy sy net toetrek.+
11 Hy het in sy hart gesê:+ “God het vergeet.+
Hy het sy aangesig verberg.+
Hy sal dit beslis nooit sien nie.”+
ק [Kof]
ר [Resj]
14 Want u het moeite en kwelling gesien.
U bly toekyk, om dit in u hand te kry.+
Aan u vertrou die ongelukkige,+ die vaderlose seun, homself toe.
U het sy helper geword.+
ש [Sjin]
15 Verbreek die arm van die goddelose en slegte.+
Mag u na sy goddeloosheid soek totdat u niks meer vind nie.+
ת [Tau]